Eindstryde verskaf groot tennisaksie by Buiteklub
Potchefstroom Buiteklub se tennisafdeling het op 23 April hul klubkampioenskap eindstryde gespeel. Die volgende spelers het as wenners uit die stryd getree: Nico Uys (mans dubbels: wenner saam met Danie Anthony), Kobus Kirstein (wenner: mans enkels plaat), Danie Anthony (mans dubbels: wenner saam met Nico Uys), Abri Erasmus (wenner: mans enkels B-afdeling). Diana King (wenner …
Potchefstroom Buiteklub se tennisafdeling het op 23 April hul klubkampioenskap eindstryde gespeel.
Die volgende spelers het as wenners uit die stryd getree:
Nico Uys (mans dubbels: wenner saam met Danie Anthony), Kobus Kirstein (wenner: mans enkels plaat), Danie Anthony (mans dubbels: wenner saam met Nico Uys), Abri Erasmus (wenner: mans enkels B-afdeling).
Diana King (wenner in die dames enkels), Louisa Grimbeeck en Antonette du Preez (wenners in die dames dubbels) en Hilda van Antwerpen saam met Duran Archery (wenners: gemengde dubbels).
Duran Archery is ook die wenner van die mans enkels.
“Ons 2016 klubkampioenskappe was ‘n groot sukses. Geluk aan al die wenners, en ook ‘n groot dankie aan elke sosiale lid wat die ruggraat van elke klub is,” sê die klubvoorsitter, Nico Uys.





