Gimmies se hokkiespelers presteer in Pukreeks
Hokkie is een van die skolesportsoorte wat die afgelope paar jaar groot aftrek onder beide seuns en dogters gekry het. Potch Gimmies se hokkieprestasies gedurende die Puk-Prestigereeks is ’n goeie voorbeeld hiervan met hulle dogters en seuns eerstespanne wat as Puk-Prestigereeks kampioene gekroon is. Harde werk, toewyding en passie was aan die orde van die …
Hokkie is een van die skolesportsoorte wat die afgelope paar jaar groot aftrek onder beide seuns en dogters gekry het. Potch Gimmies se hokkieprestasies gedurende die Puk-Prestigereeks is ’n goeie voorbeeld hiervan met hulle dogters en seuns eerstespanne wat as Puk-Prestigereeks kampioene gekroon is.
Harde werk, toewyding en passie was aan die orde van die dag vir hierdie spanne wat vinnig klaargespeel het met die ander skole in die reeks. Die o.16A dogtersspan het die goue medalje met Hoërskool Middelburg gedeel, terwyl die o.16A seunsspan en o.15A dogters met bronsmedaljes weggestap het. Algeheel het Gimmies se dogtershokkiespanne tweede in die reeks geëindig.








