SportSport

Tradisieryke Potch Dorp Rugbyklub kry nog nie trekpas

Die geskiedkundige Potch Dorp Rugbyklub gaan nou in sy 125e bestaansjaar heel moontlik ’n ander heenkome moet kry, tensy beplande besprekings tussen die stadsraad en die klub op ‘n ander samewerkingsooreenkoms kan besluit. Op Dinsdag 31 Mei het Potch Dorp Rugbyklub ‘n 30 dae kennisgewing van die stadsraad se prokureurs gekry om hul huidige perseel …

Die geskiedkundige Potch Dorp Rugbyklub gaan nou in sy 125e bestaansjaar heel moontlik ’n ander heenkome moet kry, tensy beplande besprekings tussen die stadsraad en die klub op ‘n ander samewerkingsooreenkoms kan besluit.

Op Dinsdag 31 Mei het Potch Dorp Rugbyklub ‘n 30 dae kennisgewing van die stadsraad se prokureurs gekry om hul huidige perseel langs Olënpark te ontruim aangesien hul huurkontrak teen 30 Junie 2016 beëindig sal word.

Benewens dit skuld die klub ook ‘n groot bedrag aan agterstallige huur.

Dr. Jan Janse van Rensburg, voorsitter van Potch Dorp Rugbyklub, het bevestig dat die klub dié kennisgewing ontvang het, maar dat daar nog geen finale besluit geneem is nie, aangesien daar nog gesprekke met die stadsraad oor dié saak gevoer sal word.

644454_146940825467560_619132065_n

Victor Boqo, woordvoerder van die burgemeester, ontken gerugte dat hulle die rugbyklub uitskop. Hy sê die stadsraad het egter ten doel om saam met die sokkerklub, Jomo Cosmos, ‘n sokkerakademie op Potch Dorp en Olënpark se huidige velde op die been te bring.

“Ons jaag nie Potch Dorp Rugbyklub weg nie.

Ons gaan binnekort met alle belanghebbendes in gesprek tree om moontlik hulle huurkontrak te hernu of om die fasiliteit met die Jomo Cosmos sokkerakademie te deel.” Boqo sê die stadsraad wil die velde en Olënpark opknap aangesien daar ’n groot aanvraag vir sokker is en die stadion al hoe meer gebruik gaan word, veral omdat sokker meer toeskouers trek en die nommer een sport in Suid-Afrika is.

“Jomo Cosmos is ‘n groot inspuiting vir ons plaaslike ekonomie aangesien ondersteuners vanaf Mahikeng tot Johannesburg hier kom sokker kyk het,” het Boqo gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button