Luiperds klop Flou Bulle
Op papier staan daar dat die Luiperds die Blou Bulle geklop het in die Provinsiale liga, maar lesers moet in gedagte hou dat dié Blou Bulspan nog net een wedstryd uit sewe probeerslae in die liga kon wen en dat dit seker omtrent die Blou Bulle se C-span is. Na die oorwinning is die Luiperds …
Op papier staan daar dat die Luiperds die Blou Bulle geklop het in die Provinsiale liga, maar lesers moet in gedagte hou dat dié Blou Bulspan nog net een wedstryd uit sewe probeerslae in die liga kon wen en dat dit seker omtrent die Blou Bulle se C-span is. Na die oorwinning is die Luiperds steeds in die knyp in die liga en lê in die vyfde plek tussen die kwalifiseerders met 22 punte. Bo-aan die punteleer is Griekwas met 35 punte, gevolg deur Boland met 30, die Pumas met 26 en die Griffons met 24.
In die wedstryd teen die Blou Bulle was die wedstryd vir die grootste gedeelte van die eerste helfte baie gelykop. Die Luiperds het eers in die 27ste minuut die voortou geneeem en was teen rustyd 24-14 voor. Nog drie drieë het in die tweede helfte gevolg teenoor twee deur die Blou Bulle. Die eindtelling was 51-26.
Rhyno Smith het 21 punte bygedra met drie strafdoele en ses doelskoppe. Henko Marais het twee drieë gedruk en daar was een drie elk vir Jeandré Rudolph, Marno Redelinghuys, Johan Deysel en Dane van der Westhuizen.



