SportSport

Skolerugby gaan Saterdag kook op Olënpark

Wat kry jy as jy vier top rugbyskole in Noordwes op een van die provinsie se bekendste en tradisierykste rugbyvelde op Saterdag, 11 Junie loslaat? ’n Drukkoker met ’n mengsel van talent, deursettingsvermoë en ’n bietjie geluk om ’n smullekker rugbygereg behoorlik aan die gang te sit. Hoër Volkskool Potchefstroom, Potchefstroom Gimnasium, Hoërskool Lichtenburg en …

Wat kry jy as jy vier top rugbyskole in Noordwes op een van die provinsie se bekendste en tradisierykste rugbyvelde op Saterdag, 11 Junie loslaat?
’n Drukkoker met ’n mengsel van talent, deursettingsvermoë en ’n bietjie geluk om ’n smullekker rugbygereg behoorlik aan die gang te sit.
Hoër Volkskool Potchefstroom, Potchefstroom Gimnasium, Hoërskool Lichtenburg en Hoërskool Wesvalia is die skole wat in die Noordwesliga se halfeindstryde gaan meeding hierdie Saterdag op Olënpark in wedstryde wat nie misgeloop mag word nie.
Vir elke skool is dit net nog ’n stappie nader na die finaal waarvoor die beroemde Jacob Wilkens-trofee meegeding word.
Verlede jaar het Gimmies en Hoërskool Klerksdorp die trofee gedeel, maar hierdie jaar is die manne van KHS se eerstespan nie eers in die prentjie nie.
Sake lyk nou baie anders hierdie jaar met Volkies wat die eerste plek na ’n goeie seisoen beklee. Hulle kom teen die vierde geplaasde Wesvalia te staan, wat hulle in die groepfase met 15-10 geklop het.
Volkies sal weer eens op hulle sterk agterlyn en gewillige voorspelers moet reken in hierdie wedstryd. Uitblinkers soos Henry Campher, Hardus Pretorius, Duardt Snyman en Jandré Steyn sal moet uithaal en wys. Aan Wesvalia se kant is Justin Basson die groot gevaar – danksy hom het hulle KHS vir die eerste keer vanjaar in 21 jaar geklop.
Gimmies het die afgelope tyd hulle goeie vorm teruggekry en speel goeie rugby. Lichtenburg is wel altyd ’n taai proposisie en sal hulle een punt nederlaag in die groepfase wil wreek. Gimmies se Edrich Cronje en Bradley Wood sal weer wil wys wat in hulle steek. Dit sal wel interessant wees as albei Gimmies en Volkies wen, want dan sal ’n nog ’n “Classic Clash” vanjaar voor Potchefstromers se oë afspeel – die keer vir die Jacob Wilkens-trofee. ’n Kans vir Gimmies om die trofee weer te behou en ’n kans vir Volkies om drie in ’n ry teen Gimmies vanjaar te vat.
*Daar is o.14 tot derde spanne wat ook Saterdag in aksie sal wees. Die aksie begin reeds vanaf 08:00.

Hier is die volledige program: 

PROGRAM VIR SATERDAG 11 JUNIE 2016 SEMIFIANLE VIR LUIPERDS GROOTSKOLE TE OLIENPARK(FINAAL)-1

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button