SportSport

Lees tussen die lyne: Vorm is al wat op internasionale vlak saak maak

As daar een ding is wat ons kan wegneem van die Bokke se oorwinning teen Ierland oor die naweek, is dit dat vorm al is wat op internasionale vlak tel.

As daar een ding is wat ons kan wegneem van die Bokke se oorwinning teen Ierland oor die naweek, is dit dat vorm al is wat op internasionale vlak tel.
Met internasionale kompetisies is daar bloot net nie genoeg tyd om spelers tyd te gee om in vorm in te kom nie. Dit is waarvoor die Superrugby kompetisies daar is. Whiteley en Combrinck wat van die bank af gekom het, het bewys dat vormspelers ’n groot verskil maak in ’n span. Toe die in-vorm Leeus manne opgekom het, het hulle die hele span gelig.
Die lugdruk in die hoëveld het verseker ook ’n rol gespeel, want die laaste 20 minute het die Iere maar dood op hulle voete gelyk.
Die vraag is dan, wanneer gaan Jaco Kriel ’n kans kry? Hy is na my mening die in-vorm flank in Suid- Afrika op die oomblik.
Maar steeds het hy tot dusver nie ’n kans gekry nie. Die Bokke se lustelose vertoning by die losgemaal het bewys dat ons iemand soos Kriel by die afbreekpunte kort.
As daar suiwer na die statistieke gekyk word vir Superugby, is die Suid Afrikaners met die meeste drieë, Lionel Mapoe (9), Sergeal Peterson (8), Courtnall Skosan (7) en Ruan Combrinck (6).
Daar is nie een Suid-Afrikaner onder die top 10 baldraers nie. Onder die top 10 wat die meeste skoon breke gemaak het, is Sergeal Petersen (21), Lionel Mapoe (20) en Ruan Combrinck (19).
Die Suid Afrikaners wat die meeste verdedigers geklop het was Jaco Kriel (36), Ruan Combrinck (34) en Cheslin Kolbe (33).
Die meeste meters met die bal gehardloop is Ruan Combrinck (903), Sergeal Petersen (726) en Riaan Viljoen (684). Gebaseer op die statistieke tot dusver, kom daar dalk nog ‘n paar vrae op, wel een spesifieke vraag hoekom is Sergeal Petersen nie in die bokspan opgeneem nie? Alhoewel hy in die SA-A span is, waar hy onlangs twee drieë gedruk het. Is dit nie dalk tyd dat hy speel in plaas van Mvovo of JP Pietersen nie? As Sergeal se statistieke met JP s’n vergelyk word is daar definitief ’n argument vir hom om te speel. Sergeal het in Superrugby al agt drieë gedruk teen JP se drie, hy het al 726 meter gehardloop teen JP se 415, hy het 21 skoon breke gemaak teen JP se 14 en hy het al 20 verdedigers geklop teen JP se 9.
In kort is hy nie die tipe vleuel wat ons nodig het om meer hardloop rugby te speel nie? Hy is duidelik een van die in-vorm vleuels op die oomblik in SA. Aan die ander kant is Sergeal nie so sterk op verdediging soos JP nie, Sergeal se ‘tackle” sukses is maar 63% terwyl JP 83% van die keer raak ‘tackle’.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button