SportSport

Buiteklub verloor gholftitel

Die Potchefstroomse Buiteklub het verlede naweek aan die Noordelike Provinsies se gross-liga finale by die Ebotse Gholfklub in Ekurhuleni deelgeneem. Die span was die verdedigende kampioene. Vanjaar het hulle hul vasgeloop teen gedetermineerde kompetisie en het vierde in die toernooi geëindig. Die wenners was Akasia Buiteklub van Pretoria. Verskeie gholfkompetisies is die afgelope week by …

Die Potchefstroomse Buiteklub het verlede naweek aan die Noordelike Provinsies se gross-liga finale by die Ebotse Gholfklub in Ekurhuleni deelgeneem. Die span was die verdedigende kampioene. Vanjaar het hulle hul vasgeloop teen gedetermineerde kompetisie en het vierde in die toernooi geëindig. Die wenners was Akasia Buiteklub van Pretoria. Verskeie gholfkompetisies is die afgelope week by die Potchefstroomse Buiteklub gehou.

*Op Woensdag 13 Julie is ‘n medal-kompetisie aangebied. Die wenners was: 1e – Nelis Holtzhausen (67), 2e – Nick Kalamaras  (69) en 3e – Chris Cronje (70).

*Die nege putjie IPS vleis-kompetisie op Vrydag 15 Julie se wenners was:

1e – Gerrie Badenhorst met 19 punte

2e – AJ du Plessis met 17 punte

3e – Chris Cronje met 15 punte

*Op Saterdag 16 Julie het The Broken Pot die IPS-kompetisie geborg. Die wenners was: 1e – Wentzel Burger met 41 punte, 2e – Johan Grobbelaar met 40 punte, 3e – Chris Cronje met 40 punte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button