Van Skoolbank na Sportveld: Kobus Burger
“Ek vergelyk my rugby baie met my lewe. Jy kry 80 minute in ‘n wedstryd, nes jy 80 jaar in jou leeftyd kry. Dit gee ‘n persoon net ‘n minimum tyd om ‘n verskil te maak. Sodoende gee jy jou alles vir daardie wedstryd, en as jy alles gegee het sal jy sukses bereik. Ons …
“Ek vergelyk my rugby baie met my lewe. Jy kry 80 minute in ‘n wedstryd, nes jy 80 jaar in jou leeftyd kry. Dit gee ‘n persoon net ‘n minimum tyd om ‘n verskil te maak. Sodoende gee jy jou alles vir daardie wedstryd, en as jy alles gegee het sal jy sukses bereik. Ons werk hard op die veld tot ons dood is en na die tyd kan ons ontspan.”
Dit is die siening van Kobus Burger, Volkskool se flink 0.16A rugbykaptein wat sy uitstekende span onlangs na die 0.16 Noordwestitel gelei het. Potchefstroom Herald het meer oor hierdie kranige leier gaan uitvind.
Skool: Hoër Volkskool Potchefstroom
Ouderdom: 16
Sport: Rugby (Rugbykaptein vir Volkskool se o.16A span)
Beste prestasies? Toe ons span verlede jaar die Noordwestrofee gewen het en toe die eindstryd van die Beeldtrofee gehaal het.
Dit was ‘n baie groot ervaring en ons was trots as ‘n span al het ons daardie wedstryd verloor.
Hoogtepunt van die jaar? Om die 2016 Noordwesfinaal te wen. Ons het baie hard gewerk vir dit.
Hoe het jou passie vir rugby ontwikkel? My passie vir rugby het begin by die Blou Bulle, wat my span is. Ek onthou dat ons altyd op Saterdae gebraai het en dan die Bulle op TV gekyk het. Dit was altyd lekker om te sien hoe hulle op die veld draf. Ek het na Morné Steyn opgekyk toe.
Hoe balanseer jy skoolwerk en sport? Ons het studietye by die koshuis. Ek gee alles terwyl ek rugby speel of studeer en so balanseer dit uit.
Lewenslesse wat jy uit sport geleer het? Om nooit jou opponent te onderskat nie, maak nie saak hoe groot of klein hulle is nie.
Hoe het jy geleer skop? “My hele lewe lank speel ek al stut. Iemand het vir my gesê dat stutte nie kan skop nie, en toe wou ek hom verkeerd bewys. Ek geniet dit baie om pale toe te skop.
Vyf items wat jy op ’n verlate eiland wil saamneem? Kompas, vuurhoutjies, mes, rugsak en water.
Twee mense wat jy nog sal wil ontmoet? Morné Steyn en ons staatspresident.
Twee dinge wat jou irriteer? As mense agter jou rug praat en mense wat baie raserig is, aangsien ek ‘n baie rustige mens is.
Twee dinge wat jou gelukkig maak? My familie is vir my baie kosbaar en ook my vriende en spanmaats wat saam met my rugby speel. Rugby is lekker, maar saam met my vriende is dit soveel beter.
Wat doen jy in jou vrye tyd/Stokperdjies? Ek hou daarvan om motorfiets te ry en ook om vis te vang. My droommotorfiets is ‘n Bombardier.
Gunsteling kos? Braaivleis, pizza en KFC
Gunsteling musiek? Christelike musiek en ek hou ook van ACDC se Thunderstruck veral as ons deur die tonneltjie draf voor die wedstryd.
Gunsteling rugbyspelers? Morné Steyn, Kobus Wiese en Francois Hougaard.
Rolmodel? My pa
Moeilikste opponent of skool? Transvalia. Ons het hulle verlede jaar in die Beeldtrofee teen hulle gespeel. Dit was ‘n groot toets omdat hulle baie dieselfde soos ons gespeel het.
Beskryf kapteinskap vir my? Om kaptein te wees is baie lekker, maar daar is ook baie verantwoordelikheid. Jy moet jou span verstaan en weet wat om te sê om hulle te motiveer en hulle gevoelens te kan verstaan. Ek moet ook op die veld die voorbeeld stel.
Wat motiveer jou? My oupa. Hy is onlangs oorlede en hy was mal oor rugby. Hy het my altyd gevra “seun hoe gaan dit met die rugby?” Elke wedstryd speel ek vir hom wanneer ek myself teen die bestes toets.
Rock of Popmusiek? Rock
See of bosveld? See
Braaivleis of biltong? Braaivleis
Aksie of komedie? Komedie
Jellie lekkers of roomys? Roomys



