Volkies uit Beeldtrofee
Die Virseker Beeldtrofee is nie vir Volkies hierdie jaar beskore nie. Dit het die Potchefstroomse skool op die harde manier in twee tuisnederlae vir hulle o.15-A en 0.16-A spanne die afgelope Saterdag geleer. Die o.15’s het pakslae teen ‘n baie sterker Helpmekaar gekry en met 50-10 verloor. Helpmekaar is die afgelope paar jaar sterk aan …
Die Virseker Beeldtrofee is nie vir Volkies hierdie jaar beskore nie. Dit het die Potchefstroomse skool op die harde manier in twee tuisnederlae vir hulle o.15-A en 0.16-A spanne die afgelope Saterdag geleer. Die o.15’s het pakslae teen ‘n baie sterker Helpmekaar gekry en met 50-10 verloor.
Helpmekaar is die afgelope paar jaar sterk aan die voorpunt van skolerugby en dit sou ‘n kollosale spanpoging vat vir Volkies om te kon wen.
Die o.16’s het wel ‘n duur les geleer en met 26-24 die knie teen Hoërskool Frikkie Meyer gebuig. Dié skitterende span kon net sowel gewen het as die bal na hulle kant toe gespring het. Die manne was wel steeds trots na hulle vertoning.



