Volkies se tenniskampioene doen dit drie keer in ‘n ry
Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste tennisspan is vir die derde keer in ’n ry die Noordweswenners. Die vyfde span dra ook die Noordweskroon na hulle vir KHS gemaklik met 5-3 geklop het. Dit was wel ’n ander storie vir die eerstespan wat in senutergende omstandighede teen Hoërskool Rustenburg gewen het. Volgens Francois Lubbe, tennisorganiseerder by …

Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste tennisspan is vir die derde keer in ’n ry die Noordweswenners. Die vyfde span dra ook die Noordweskroon na hulle vir KHS gemaklik met 5-3 geklop het. Dit was wel ’n ander storie vir die eerstespan wat in senutergende omstandighede teen Hoërskool Rustenburg gewen het.
Volgens Francois Lubbe, tennisorganiseerder by Volkskool, was dit ’n baie spanningsvolle paar wedstryde wat Volkies op die ou einde 5-3 gewen het. Die trofee is in die laaste dubbelswedstryde beslis wat Volkies in valbylpotte met 11-9 en 10-8 gewen het. Pieter du Toit en Christopher de Freitas het die een wedstryd deurgetrek terwyl Van Zyl Smit en Martin Fourie die ander dubbelstryd gewen het. Lohan Wolvaardt, Cobus Crowther, Herman Prinsloo en Marnus Swarts was deel van die seëvierende vyfdespan.




