Tuishalfeindstryd vir Luiperds
Die Luiperds sal binnekort op hulle tuisveld in die een halfeindstryd van die Curriebeker Eersteliga speel, na hulle die ligafase onoorwonne afgesluit het. Hulle laaste oorwinning was Saterdag op Olënpark teen die SWD Arende (49-31). Die laaste ligawedstryde word die naweek gespeel en sou die Arende vasval teen Grens en die Valke wen teen die …

Die Luiperds sal binnekort op hulle tuisveld in die een halfeindstryd van die Curriebeker Eersteliga speel, na hulle die ligafase onoorwonne afgesluit het. Hulle laaste oorwinning was Saterdag op Olënpark teen die SWD Arende (49-31). Die laaste ligawedstryde word die naweek gespeel en sou die Arende vasval teen Grens en die Valke wen teen die Welwitchias (wat beslis so sal wees), skuif die Valke in die vierde plek in en sal dan teen die Luiperds te staan kom. Wen die Arende teen Grens, bly hulle in die vierde plek en sal dan weer Potchefstroom toe moet reis.
Sou die Valke in die vierde plek eindig, sal die halfeind onaangename herinneringe bring van ‘n halfeind twee jaar gelede toe die Valke die Luiperds onverwags uitgeskakel het, maar toe in die eindstryd teen die Griffons verloor het. Die ander halfeind sal beslis word tussen Grens en die Griffons, met Grens wat die tuisveld voordeel sal hê.