Pukke verdedig hulle Varsitybekerkroon eerste teen UJ volgende jaar
Die Varsitybekerkampioen, die NWU-Puk, skop die toernooi aanstaande jaar op 30 Januarie in Johannesburg teen die UJ af in die eerste van drie agtereenvolgende TV-wedstryde. Die Puk speel die tweede naweek op die Fanie teen die NMMU en dan twee naweke later weer in Potchefstroom teen die Ikeys voordat hy die vierde keer in vyf …

Die Varsitybekerkampioen, die NWU-Puk, skop die toernooi aanstaande jaar op 30 Januarie in Johannesburg teen die UJ af in die eerste van drie agtereenvolgende TV-wedstryde.
Die Puk speel die tweede naweek op die Fanie teen die NMMU en dan twee naweke later weer in Potchefstroom teen die Ikeys voordat hy die vierde keer in vyf weke weer op TV, die keer teen die Shimlas, uitdraf.
Daarna speel hy teen Wits en die Ixias voordat hy ‘n af-naweek geniet en dan weer op sy tuisveld op TV teen die Tukkies speel.
Dit beteken dat die kampioene altesaam vyf keer op TV sal speel voordat die halfeindstryde op 3 April plaasvind.
Die UJ speel na sy TV-stryd in die openingsnaweek teen die Puk, tuis teen die Shimlas end an twee weke later weer tuis op TV teen die Tukkies.
Wits se vuurdoop die eerste naweek is in Johannesburg teen die Shimlas voordat hulle weg teen Maties speel.
30 Januarie 2017:
UJ teen NWU-Puk, Johannesburg (16:45) TV
UP-Tuks teen Maties, Pretoria (19:00) TV
Ikeys teen NMMU, Kaapstad (18:30)
Wits teen Shimlas, Johannesburg (18:30)
6 Februarie 2017:
Ikeys teen Ixias, Kaapstad (16:45) TV
NWU-Puk teen NMMU, Potchefstroom (19:00) TV
Maties teen Wits, Stellenbosch (18:30)
UJ teen Shimlas, Johannesburg (18:30)
13 Februarie 2017:
Wits teen Ixias, Johannesburg, (16:45) TV
Maties teen NWU-Puk, Stellenbosch (19:00) TV
NMMU teen UP-Tuks, Port Elizabeth (18:30)
Shimlas teen Ikeys, Bloemfontein (18:30)
20 Februarie 2017:
Ixias teen Shimlas, Bloemfontein (16:45) TV
UJ teen UP-Tuks, Johannesburg (19:00) TV
NWU-Puk teen Ikeys, Potchefstroom (18:30)
Maties teen NMMU, Stellenbosch (18:30)
27 Februarie 2017:
Ikeys teen Maties, Kaapstad (16:45) TV
Shimlas teen NWU-Puk, Bloemfontein (19:00) TV
Ixias teen UJ, Bloemfontein (18:30)
UP-Tuks teen Wits, Pretoria (18:30)
6 Maart 2017:
UP-Tuks teen Ixias, Pretoria (16:45) TV
Shimlas teen Maties, Bloemfontein (19:00) TV
NWU-Puk teen Wits, Potchefstroom (18:30)
NMMU teen UJ, Port Elizabeth (18:30)
13 Maart 2017:
Ikeys teen UJ, Kaapstad (16:45) TV
Wits teen NMMU, Johannesburg (19:00) TV
Ixias teen NWU-Puk, Bloemfontein (18:30)
UP-Tuks teen Ikeys, Pretoria (18:30)
20 Maart 2017:
UJ teen Wits, Johannesburg (16:45) TV
NMMU teen Shimlas, Port Elizabeth (19:00) TV
Ixias teen Maties, Bloemfontein (18:30)
UP-Tuks teen Ikeys, Pretoria (18:30)
27 Maart 2017:
NWU-Pukke teen UP-Tuks, Potchefstroom (16:45) TV
Maties teen UJ, Stellenbosch (19:00) TV
NMMU teen Ixias, Port Elizabeth (18:30)
Wits teen Ikeys, Johannesburg (18:30)
3 April 2017:
Nommer 3 teen Nommer 4 (16:45) TV
Nommer 1 teen Nommer 4 (19:00) TV
Bron: SupaRugby