SportSport

Jong seun sprei vanjaar sy duiwevlerke

In duiwewedvlug-kringe word die ervare manne gewoonlik as die wenners bekroon, maar Johan Siebert (10) is besig om die dam onder die eend uit te ruk met sy prestasies. Hierdie jong seun het onlangs twee eerste plekke in sy klub (Mooirivier Resiesduifklub) behaal, asook ‘n derde plek in die Westelike Posduif Unie, wat ‘n merkwaardige …

In duiwewedvlug-kringe word die ervare manne gewoonlik as die wenners bekroon, maar Johan Siebert (10) is besig om die dam onder die eend uit te ruk met sy prestasies.

Hierdie jong seun het onlangs twee eerste plekke in sy klub (Mooirivier Resiesduifklub) behaal, asook ‘n derde plek in die Westelike Posduif Unie, wat ‘n merkwaardige prestasie is. Verder vlieg Johan se 14 duiwe, 11 klubplekke en 14 unieplekke los, wat ook ‘n 2de en twee 3de plekke insluit.

In die junior kampioenskap verwerf Johan ‘n bronsmedalje in die unie, waar sy duif derde uit 528 duiwe eindig.

Groot name kan nou maar net kyk en wonder hoe hierdie passievolle jongeling die topplekke inryg.

Johan se belangstelling in duiwevlugte kom van sy pa Stefan af, wat in 2013 aan hierdie sport begin deelneem het nadat sy kollegas by die NWU-Puk hom daaraan bekendgestel het.

“Ek geniet dit toe om duiwe te vlieg en ek het besluit om ernstig deel te neem. So het Johan ook begin belangstel. Hy vlieg al vandat hy 6 jaar oud is. Die afgelope jaar het sy duiwe uitstekend begin vlieg,” vertel Stefan.

Johan Siebert en sy pa, Stefan het 'n vriendskaplike kompetisie om te sien wie se resiesduif eerste by die huis gaan kom. Johan (10) geniet die sport en het reeds twee oorwinnings by sy klub, Mooirivier Resiesduifklub (M.R.K) ingepalm.
Johan Siebert en sy pa, Stefan het ‘n vriendskaplike kompetisie om te sien wie se resiesduif eerste by die huis gaan kom. Johan (10) geniet die sport en het reeds twee oorwinnings by sy klub, Mooirivier Resiesduifklub (M.R.K) ingepalm.

“Ek en my pa vlieg nie saam nie, ons kompeteer om te kyk wie se duif eerste gaan terugkom,” voeg Johan by.

“Dit is vir my interessant om te sien hoe hulle elke keer terugkom  huis toe na die lang resies. Ek en my pa sal sit en saam wag vir die eerste duif,” vertel hy verder.

Volgens Stefan glo hy dat nie enige kind ‘n duif kan leer vlieg of aan die sport deelneem sonder bystand nie.

“Ek glo dit help dat ek en Johan dieselfde passie deel.

IMG_0885 IMG_0886

Ek kan hom leer en hy hoef nie alles alleen te doen met betrekking tot voeding en medisyne nie. Dit is ‘n groot voordeel.”

In die stadium het Johan wel die oorhand oor sy pa in dié jaar se resies.

“Johan skryf net een duif in en dan wen hy almal. Baie manne kan dit net glad nie glo nie.”

Die kans is goed dat die Sieberts vir jare nog die oë met hulle vlieënde prestasies sal laat rek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button