Volkies maak naam in Nelspruit tydens Sewestoernooi
Hoër Volkskool Potchefstroom se o.18-span het die afgelope naweek weer skitterrugby gespeel in Nelspruit. Altesaam 14 spanne het aan die toernooi deelgeneem. Volkies verloor teen Nelspruit 17-31; wen teen Noordheuwel 21-10; wen teen Rob Ferreira 15-5; wen die kwartfinaal teen Lydenburg 21-10; speel gelykop teen Middelburg in die semi-finaal en wen daarna in ‘n ‘sudden …
Hoër Volkskool Potchefstroom se o.18-span het die afgelope naweek weer skitterrugby gespeel in Nelspruit. Altesaam 14 spanne het aan die toernooi deelgeneem. Volkies verloor teen Nelspruit 17-31; wen teen Noordheuwel 21-10; wen teen Rob Ferreira 15-5; wen die kwartfinaal teen Lydenburg 21-10; speel gelykop teen Middelburg in die semi-finaal en wen daarna in ‘n ‘sudden death’-tyd met 22-17.
In die finaal speel hulle teen Nelspruit en verloor in die laaste minuut met 15-19. Die o.17-span het verlede naweek afgereken met die Luiperdspan en is genooi om in 2017 internasionaal (Mauritius of Dubai) aan ‘n toernooi deel te neem. Hulle volgende toernooi, die gesogte Save the Rhino-toernooi vind eerskomende naweek in die Krugerwildtuin plaas. Dit word aangebied deur Merensky.
*Op pad terug van die toernooi in Nelspruit het Volkies se Sewesspan net buite Nelspruit op ’n trok afgekom wat met sy vrag hout omgeval het. Dié flukse span en afrigters het ingespring en die houtpale uit die pad gedra, tot groot verligting van almal op die toneel.



