SportSport

Luiperds vorder na eindstryd met Valke oorwinning

In die Curriebeker Eersteliga halfeindstryd Vrydagaand teen die Valke het die Luiperds hier op Olënpark meer byt as die Valke gehad en met ‘n goeie 40-30 oorwinning hul pad na die eindstryd verseker. Die Luiperds was vining uit die blokke uit en het sonder om te blik of te bloos drie driee in die eerste …

In die Curriebeker Eersteliga halfeindstryd Vrydagaand teen die Valke het die Luiperds hier op Olënpark meer byt as die Valke gehad en met ‘n goeie 40-30 oorwinning hul pad na die eindstryd verseker.
Die Luiperds was vining uit die blokke uit en het sonder om te blik of te bloos drie driee in die eerste 20 minute aangeteken danksy Jaco Jordaan, Johan Deysel en Bradley Moolman.
Jeandré Rudolph was ook weer sy ou harde en aggresiewe self wat alles op beide die aanval en verdediging gegee het.
Kort voor lank was die Luiperds met 20-0 voor voordat die Valke terugekom het danksy ‘n strafdoel van Karlo Aspeling en ‘n puik drie van hulle slot, Marlyn Williams. Valke se skrumskakel Johan Pretorius was ook besig op ‘n handvol vir die tuispan te raak en het met vinnige besluitneming die verdediging soms op hol gehad.
Dean Gordon het wel al Valke se goeie momentum aan die einde van die eerste helfte gebreek toe hy ‘n teenaanval afgerond het. Die Luiperds was met 27-13 voor toe die spanne kleedkamer toe is.
Die Valke se afrigter, Rudy Joubert moes teen halftyd al sy ervaring en kennis gebruik het en dit het vrugte afgewerp met sy span wat in die tweede helfte soos ‘n ander span gelyk het.
Die Valke se Pretorius het self twee driee ingepalm om die telling binne sewe punte van die Luiperds te skuif. Dit was ‘n paar benoude oomblikke, maar Gene Willemse se drie, Johan Deysel se skopvoet en die nodige verdediging het die moeë Luiperds op die ou einde deurgedra.

Punte:

Luiperds: Drieë: Jaco Jordaan, Johan Deysel, Bradley Moolman, Dean Gordon, Gene Willemse. Doelskoppe: Deysel (3). Strafdoele: Deysel (3).

Valke: Drieë: Marlyn Williams, Johan Pretorius (2),  Doelskoppe: Karlo Aspeling (2), Warren Potgieter. Strafdoele: Aspeling (2).

Foto’s: Wouter Pienaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button