SportSport

Noordwes Senior Ope toernooi hierdie naweek

Eerskomende naweek, 1 en 2 Oktober word die Noordwes senior ope toernooi by die Buiteklub aangebied. 90 van die top senior spelers in die land sal aan die toernooi deelneem. Ander nuus van die gholfklub: * Op Woensdag 21 September het die Buiteklub ‘n IPS-kompetisie aangebied. Die wenners was: 1e – André Colangelo met 39 …

Eerskomende naweek, 1 en 2 Oktober word die Noordwes senior ope toernooi by die Buiteklub aangebied. 90 van die top senior spelers in die land sal aan die toernooi deelneem.
Ander nuus van die gholfklub:
* Op Woensdag 21 September het die Buiteklub ‘n IPS-kompetisie aangebied. Die wenners was:
1e – André Colangelo met 39 punte
2e – Johan du Plessis met 38 punte
3e – Jan Greyling met 37 punte
* Op Vrydag 23 September het die Buiteklub ‘n fondsinsamelingsdag aangebied ten einde die geriewe te verbeter. Die format was ‘n IPS en die wenners was:
1 e – Chris Cronje met 43 punte
2 e – JP Adlem met 43 punte
3 e – Morne Van Wyk met 43 punte
* Op Saterdag 24 September het Ocean Basket die IPS-kompetisie by die klub geborg. Die wenners was:
1e – Bartlo van der Merwe met 41 punte
2e – Jaco Connoway met 41 punte
3e – Cas Bakkes met 41 punte
* Die afgelope week, vanaf 19 tot 23 September, het die Premier-span van die Noordwes Gholfunie aan die Interprovinsiale Toernooi by Fish River Sun in die Oos-Kaap deelgeneem.
Die span het derde in die B-afdeling geëindig, ‘n een posisie verbetering op die vorige jaar.
Die spelers wat die provinsie verteenwoordig het was: Danie van Niekerk (Lichtenburg), Theunie Bezuidenhout (Rustenburg), Slade Pickering (Pecanwood), Zabastiaan de Jager (Klerksdorp) en Aubrey Beckley, Christo Peens, Albert Britz en Riaan Swart (Potchefstroom). Die unie wens die span en Peet van Schalkwyk (spanbestuurder) geluk met die prestasie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button