SportSport

Dubbele Varsity Netbalvreugde vir Pukke!

Dit was intens. Dit was skouspelagtig. Dit was kop-aan-kop en nes die rugby was Pukke weer die wenner met een punt. Op die ou einde kan Pukke vanaand breed glimlag met ‘n skitterende 56-55 oorwinning teen Tukkies om die Varsity Netbaltrofee vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar te lig. Pukke kaptein Chante Bester het nou die …

Dit was intens. Dit was skouspelagtig. Dit was kop-aan-kop en nes die rugby was Pukke weer die wenner met een punt.

Op die ou einde kan Pukke vanaand breed glimlag met ‘n skitterende 56-55 oorwinning teen Tukkies om die Varsity Netbaltrofee vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar te lig.

Pukke kaptein Chante Bester het nou die trofee in haar hande en saam met haar spanmaats en afrigters kan hulle nou jubel en juig as die beste Varsity Netbalspan.

IMG_2642

Pukke het beter begin en vinnig ‘n 3-0 voorsprong danksy Sigi Burger se doele gehad. Tukkies het wel vinnig teruggeveg met Lenize Potgieter en Melissa Kotze wat ‘n paar uitstekende doele aangeteken het.

Na die eerste helfte was Tukkies slegs 11-10 voor met die wedstryd wat beslis enige kant toe kon gaan. Die Pukke ondersteuners wat al die pad vanaf Potchefstroom vir die finaal gereis het, het seker gemaak dat elke doel met klipharde toejuiging ondersteun word. “Kyk net hoe baie Pukke is ons hier,” het gereeld in die Rembrandt-saal weergalm.

Die tweede kwart het dieselfde patron as die eerste helfte gevolg met albei spanne wat gereeld die voorsprong geruil het.

Jeanté Strydom het vir Pukke hierdie wedstryd op senter begin en haar goed van haar taak gekwyt met Rome Dreyer wat aanvallende vleuel gespeel het. Hierdie kombinasie het goed gewerk met Pukke wat gedurig in goeie ritme op die aanval was.

Met halftyd was Pukke 27-25 voor. Die span wat die trofee die graagste wil he sou verseker die Powerplay die beste gebruik in die tweede helfte.

IMG_2627

Die eerste Powerplay is net na halftyd geneem met Pukke wat die bietjie beter gebruik het om ‘n punt voorsprong te handhaaf. Hier was Renske Stoltz op haar beste met haar lang afstand doele.

Tukkies het wel nie gaan lê nie en konstant druk toegepas met Jasmine Ziegelmeier en Shadine van der Merwe wat ‘n doring in Pukke se vlees was op die verdediging. Toe Pukke weer sien was dit 40-40 en Tukkies se vasberadenheid met Ine-Marie Venter wat doele begin inpalm het.

Pukke het toe daar en dan die doelkrane begin oopdraai en met vasberadenheid die wedstryd in eie hande geneem. Die kalmte van almal op die baan was merkwaardig met Burger en Stoltz wat uiters belangrike doele aangeteken het. In die laaste 30 sekondes was die verdediging op hulle beste om Tukkies se bekerdroom te stuit.

Foto’s: Wouter Pienaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button