SportSport

10 uit 10 met Heinrich Strydom

Heinrich Strydom is Noordwes Krieket se hoofuitvoerende beampte en is al sedert 2011 aan die stuur van sake. Potchefstroom Herald het meer oor dié dinamiese persoon gaan uitvind. Vertel my meer oor wat jy doen vir ’n lewe? Ek is hoofuitvoerende beampte van Noordwes Krieket en algemene bestuurder van die bizhub Highveld Lions. As ‘n …

Heinrich Strydom is Noordwes Krieket se hoofuitvoerende beampte en is al sedert 2011 aan die stuur van sake. Potchefstroom Herald het meer oor dié dinamiese persoon gaan uitvind.

  1. Vertel my meer oor wat jy doen vir ’n lewe?

Ek is hoofuitvoerende beampte van Noordwes Krieket en algemene bestuurder van die bizhub Highveld Lions. As ‘n unie is ons in beheer van alle krieket in die Noordwes-Provinsie en vorm saam met Gauteng die Highveld Lions franchise.

Die lekkerste deel is verseker dat ek op ‘n daaglikse basis my passie vir krieket kan uitleef. Die slegste deel is wanneer briljante spelers nie geleenthede kan kry nie.

  1. Waar het jy grootgeword en toe jy ’n kind was, wat wou jy eendag word?

In Potchefstroom. My droom was om ‘n Protea krieketspeler te word.

  1. As jy een plek kon kies in Potch waar jy meeste van jou tyd wil spandeer, waar sou dit wees?

Op die gholfbaan

  1. Vyf mense wat jy nog wil ontmoet, en hoekom?

Richie McCaw – een van die beste sportkapteins van alle tye

Henrik Stenson – gunsteling gholfspeler

Bono – hoofsanger van my eens gunsteling band – U2

Richard Branson – sukses gepaardgaande met ‘n liefde vir die lewe.

Kate Beckinsale – moet ek regtig ‘n rede gee?

  1. Saam met wie wil jy nie in ’n huisbak vassit nie (net een persoon)

Geen kommentaar nie (mens weet nooit wie lees die Herald nie)

  1. Jou gunsteling plek waarheen jy al gereis het, of heen wil reis?

Italië

  1. Wat is jou stokperdjies?

Gholf, lees, reis

  1. Vier dinge waarsonder jy nie die huis sal verlaat nie?

Beursie, selfoon, sonbril en persoonlikheid

  1. Vier gunsteling disse?

Rocomamas se ribs

Braaivleis gepaardgaande met ‘n braaibroodjie

Enigiets waarop ek my ouma se soet mostert kan sit.

Alle kos voorberei deur Gerna de Lange.

  1. Wat is jou gunsteling aanhaling?

“To accomplish great things, we must not only act, but also dream, not only plan, but also believe” – Anatole France

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button