Maak seker jy mis nie Saterdag se Great Brick Run nie
Die jaarlikse Berts Bricks Great Brick Run 5, 10 en 21 km padwedloop vind eerskomende Saterdag, 21 Januarie weer in Potchefstroom plaas. Dié bekende wedloop vind weer oudergewoonte vanaf die Potchefstroom Dorp Rugbyklub langs die Olënpark-stadion plaas. Die wegspring vir die hardlopers van die 10 km en 21 km is 06:30 en die 21 km …

Die jaarlikse Berts Bricks Great Brick Run 5, 10 en 21 km padwedloop vind eerskomende Saterdag, 21 Januarie weer in Potchefstroom plaas.
Dié bekende wedloop vind weer oudergewoonte vanaf die Potchefstroom Dorp Rugbyklub langs die Olënpark-stadion plaas. Die wegspring vir die hardlopers van die 10 km en 21 km is 06:30 en die 21 km stappers spring reeds om 06:00 weg. Daar is ook ‘n “fun run” van 5 km wat om 6:40 wegspring.
Die inskrywings vind van 5:15 die oggend by die wegspring plaas en atlete kan ook gerieflikheidshalwe Vrydagaand tussen 17:00 en 18:00 by die stadion inskryf. Daar is trekpryse, kategoriepryse en medaljes vir al die deelnemers.
“Wat die wedloop uniek maak is die feit dat die eerste 100 atlete wat op die draaipunt van die 21,1 km ’n gemerkte baksteen by Berts Brick fabriek optel en die wedloop daarmee voltooi, ’n sespak bier ontvang,” het Theo Coetzee van Berts Bricks Atletiekklub genoem. Die inskrywingskostes is as volg: 21,1 km – R80, 10km – R60 en 5km – R30.
As deelnemers nie ’n 2016/7 lisensienommer vir die 10 km en 21 km wedlope het nie, moet hulle ’n tydelike lisensienommer teen R30 koop. Vir navrae kontak Theo by 083 538 3162 of Chantelle Pat by 073 466 9158.



