SportSport

Aubrey Beckley wen Gauteng-Noord Ope

Potchefstroom se gholfspelers was baie bedrywig buite die stad die naweek. *Aubrey Beckley het die Gauteng- Noord Ope by die Wingate Park Gholfbaan met ‘n telling van 274 (-14 onder baansyfer) gewen. Hy het rondtes van 70, 67, 72 en 65 gespeel. Aubrey is tans die tweede gekeurde speler in Suid-Afrika en het die land …

Potchefstroom se gholfspelers was baie bedrywig buite die stad die naweek.

*Aubrey Beckley het die Gauteng- Noord Ope by die Wingate Park Gholfbaan met ‘n telling van 274 (-14 onder baansyfer) gewen. Hy het rondtes van 70, 67, 72 en 65 gespeel. Aubrey is tans die tweede gekeurde speler in Suid-Afrika en het die land reeds by verskeie geleenthede verteenwoordig.

*Christiaan Burke het Sondag die Moonooi Ope gewen met ‘n totaal van 145, twee houe voor sy naaste teenstander. Christiaan is nog ‘n junior en hy het teen spelers van formaat meegeding.

*Die Senior Scratch Ligaspan van die klub het in Klerksdorp teen Rustenburg en Orkney meegeding. Potchefstroom het gehalveer met Rustenburg en geseëvier teen Orkney.

* Die Potchefstroomse Buiteklub was weer bedrywig die afgelope week met verskeie kompetisies wat aangebied is.

*Op Woensdag 25 Januarie het die klub ‘n Bonus Bogey-kompetisie aangebied en die wenners was:

1e – J. Herridge met +6

2e – Fanie Campher met +5

3e – Joe Wood met +3

*Die kompetisie op Saterdag 28 Januarie was in die formaat van IPS en is deur Ocean Basket geborg. Die uitslae was soos volg:

1e – Victor Havenga met 40 punte

2e – J. de Beer met 36 punte

3e – Joos le Roux met 36 punte

*Die dameskompetisie, ook geborg deur Ocean Basket, is gewen deur:

1ste – Nina van Heerden

2de – Millicent Victor

3de – Hannetjie van Rooyen

*Eerskomende naweek, Sondag 5 Februarie word die Noordwes Geslote Toernooi op die Orkney Gholfbaan gespeel. Slegs spelers vanuit die provinsie kan hier deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button