SportSport

Dinki se eerstejaars dra netbalkroon

Dinki Dameskoshuis was vuur en vlam in die nat weerstoestande verlede Woensdag, 25 Januarie tydens die 2017 eerstejaars-netbaltoernooi, waar hulle na ‘n rits wedstryde as die kampioene aangewys is. Dinki het Bellatrix Dameskoshuis met 14-13 in ’n spannende eindstryd geklop. Dinki het vanjaar ’n uitstekende groep eerstejaars in hulle span en dit is geen wonder …

Dinki Dameskoshuis was vuur en vlam in die nat weerstoestande verlede Woensdag, 25 Januarie tydens die 2017 eerstejaars-netbaltoernooi, waar hulle na ‘n rits wedstryde as die kampioene aangewys is. Dinki het Bellatrix Dameskoshuis met 14-13 in ’n spannende eindstryd geklop.

Dinki het vanjaar ’n uitstekende groep eerstejaars in hulle span en dit is geen wonder dat hulle die trofee ingepalm het nie.

Plaaslike netbalsterre wat verlede jaar in die Classic Clash gespeel het soos Chané Steyn en Larissa Gouws, was deel van dié wenspan.

Ondanks die reën was die netbal van ‘n uitstekende gehalte en ‘n groot skare studente het opgedaag om hierdie byeenkoms luidrugtig te ondersteun. Koshuistrots was nog nooit so groot soos op die Puk nie en hierdie toernooi is iets wat die Puk regtig spesiaal maak.

Volgens Helene Botha, bestuurder van Damessport op die NWU-Puk  was die toernooi ‘n groot sukses.

“Dit was die beste eerstejaars- netbaltoernooi ooit. Ons het omtrent 3 500 toeskouers gehad en baie talent in al die koshuise wat gespeel het. Dit was ook goed dat die tradisionele sterk netbalkoshuise nie noodwendig in die eindstryd gespeel het nie, omdat dit bewys hoeveel diepte in ons netbalsisteme is,” het sy gesê.

Al het dit vroeër die dag gereën, het dit nie die toernooi belemmer nie met die netbalbane wat spoedig na die reën speelbaar gemaak is.

“Dit was ‘n taai stryd in die finaal en elke speler kan trots wees. Die goeie oplewing is fantasties vir Puk Netbal,” het sy verder genoem.

Die top vier koshuise wat in die halfeindstryde gespeel het was Eikenhof, Wanda, Bellatrix en Dinki.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button