Gimmies en Volkies beleef albei nederlae verlede naweek
Gimmies se eerste krieketspan het Saterdag 28 Januarie in Pretoria met 98 lopies teen Montana verloor. Divan Mienie spog met vyf paaltjies wat hy geneem het en in die proses staan hy 42 lopies af. Francois van Deventer vaar die beste met die kolf, deur 44 lopies aan te teken. Volkies se eerste krieketspan het …
Gimmies se eerste krieketspan het Saterdag 28 Januarie in Pretoria met 98 lopies teen Montana verloor.
Divan Mienie spog met vyf paaltjies wat hy geneem het en in die proses staan hy 42 lopies af. Francois van Deventer vaar die beste met die kolf, deur 44 lopies aan te teken.
Volkies se eerste krieketspan het na ‘n lang roete na Nelspruit met ‘n nederlaag huis toe gekeer toe hulle met vier paaltjies teen Hoërskool Nelspruit verloor het.
Volkies het eerste gekolf en ‘n onvoldoende 150 almal uit aangeteken, ondanks André Taljaard se 50* en Martin Fourie se 47.
Die res van die kolwers het ’n insinking beleef en kon slegs 50 lopies na Fourie uit is aanteken.
Nellies se beste boulers was Jon Hinrichsen (4/26) en André Vosloo (3/22) wat Volkies se kanse in duie laat stort het.
Vosloo het met sy kolf 43 geslaan en Graeme Bouwer het 64* aangeteken om Nelspruit deur te dra.
Le Roux White met 2/38 en Jannie Claassens met 2/34 was Volkies se beste boulers.



