SportSport

Gimmies begin krieketliga volstoom

Gimmies se krieketspanne het vanjaar se Noordwesliga met oortuigende oorwinnings begin. Die eerste span klop Hoërskool Klerksdorp met 134 lopies. Francois van Deventer teken 81 (100) aan in Gimmies se groottotaal van 255 almal uit. KHS word vir 121 lopies uitgeknikker in die 30ste beurt. Ricus Swart saai verwoesting met sy 3/18 in 8 boulbeurte. …

Gimmies se krieketspanne het vanjaar se Noordwesliga met oortuigende oorwinnings begin. Die eerste span klop Hoërskool Klerksdorp met 134 lopies. Francois van Deventer teken 81 (100) aan in Gimmies se groottotaal van 255 almal uit.

KHS word vir 121 lopies uitgeknikker in die 30ste beurt. Ricus Swart saai verwoesting met sy 3/18 in 8 boulbeurte.

In die o.15A-Superliga wen Gimmies vir KHS met 6 paaltjies. KHS word vir 155 lopies uitgeboul (Martin Landman neem 3 paaltjies vir 20 lopies in 7 boulbeurte). Gimmies teken die wenlopies in die 30ste boulbeurt aan. Hier maak Landman weer naam met 74 (70).

Gimmies se tweede span, beter bekend as die Blues, klop Potchefstroom Boys High met 179 lopies. Gimmies teken 260/9 aan (Marinus Pienaar is die beste lopiemaker met 49). Boys High word vir 81 uitgeboul.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button