SportSport

Pukke is Pirates kampioene vir die eerste keer sedert 2008

NWU-Pukke se rugbyskip seil sterk nadat hulle die grootste skat in die vorm van die Piratesbeker verkry het na ‘n harde 27-23 oorwinning teen UJ. Dit is die eerste keer sedert 2008 wat hierdie beker in Pukke se besit is. Wat vanjaar se rugbysukses nog merkwaardiger maak is dat die o.19’s, 0.21’s en derdespan ook …

NWU-Pukke se rugbyskip seil sterk nadat hulle die grootste skat in die vorm van die Piratesbeker verkry het na ‘n harde 27-23 oorwinning teen UJ.

Dit is die eerste keer sedert 2008 wat hierdie beker in Pukke se besit is. Wat vanjaar se rugbysukses nog merkwaardiger maak is dat die o.19’s, 0.21’s en derdespan ook as Piratesliga-wenners bekroon is.

Pukke se eerstes het die verdedigende kampioen verlede naweek danksy Hendrik Mulder se 17 punte, wat ‘n drie ingesluit het, sowel as Ryno Wepener en Robert Hunt se drieë, geklop. Pukke het veggees getoon nadat hulle met rustyd 3-16 agter was en het in die laaste 40 minute hulle beste rugby uitgehaal om nog ‘n rugbytrofee in die Instituut se trofeekabinet te verseker.

Natuurlik was die alombekende bestuurder van Puk-Rugbyinstituut, Mervyn Taylor, in sy noppies.

“Ek glo die konstantheid waarmee ons spanne al van die begin van die jaar af gespeel het, was ‘n groot faktor in ons sukses.

Die groep het deur die jaar dieselfde gebly aangesien ons nie baie Luiperdsspelers gehad het nie en almal het goed saamgewerk en vir mekaar gespeel,” sê hy. Volgens Taylor was daar ook vanjaar meer aandag aan die klubliga geskenk wat ‘n goeie platform vir opkomende spelers bied, veral met volgende jaar se Varsitybeker wat op die horison lê.

“Vanjaar is daar regtig ‘n goeie mengsel van senior en jong opkomende juniors. Ons het ook spelers uit koshuise getrek wat met hul spel beïndruk het. Dit is fantasties dat omtrent al ons spanne die liga kon wen.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button