Luiperds o.21’s wil Leeus wys wie is baas op Olënpark
Die Luiperds se o.21-span gaan hierdie Saterdag teen die Leeus op Olënpark kragte meet met ‘n paar interessante insluitings in hulle span. Die heelagter Jandré Grobler is ‘n belowende Puk-speler en hy kry sy kans om naam te maak in die groen en rooi trui hierdie naweek. Luiperds o.21 afrigter, André Pretorius het ook vir …

Die Luiperds se o.21-span gaan hierdie Saterdag teen die Leeus op Olënpark kragte meet met ‘n paar interessante insluitings in hulle span. Die heelagter Jandré Grobler is ‘n belowende Puk-speler en hy kry sy kans om naam te maak in die groen en rooi trui hierdie naweek. Luiperds o.21 afrigter, André Pretorius het ook vir die indrukwekkende Marco Donges op binnesenter geplaas waar hy en sy sentermaat Stefan van Vuuren gate in die Leeus sal wil hardloop. Hendrik Mulder begin op losskakel. Sibusiso Mhlangeni en De Wet Terblanche (albei driedrukkers teen die Vrystaat die vorige naweek) kry ook weer dié naweek kans om hul witlynkoors te kry.
Die voormalige KHS-kaptein, Edmund Rheeder trek weer die nommer 8 trui oor sy kop en met nog ‘n paar goeie vertonings kan hy een van die dae ‘n paar senior spanne haal.
Rashard Fuller, die voormalige Protea kolwer Herschelle Gibbs se seun, is op die plaasvervangersbank en kan sy pa se gene ten toon stel in die agterlyn indien hy op die veld draf.
Die wedstryd skop om 15:30 af.
Luiperds Onder 21.s teen Leeus: Jandré Grobler; De Wet Terblanche, Stefan van Vuuren, Marco Donges, Sibusiso Mhlangeni; Hendrik Mulder, Nkosana Mathaba; Edmund Rheeder, Zandré du Plessis, Justin Meintjies, Jaco Swanepoel, Danny du Plooy, Matimu Maganyi, Ruan Groenewald, Komape Moloto. Reserwes: Damon Lee, Brendan Strydom, Senzo Mkhize, Edward Haas, Caleb Louw, Rashard Fuller, Mlonde Mnisi.




