Pukke behou onoorwonne rekord na Madibaz-oorwinning
Die NWU-Pukke se Varsitynetbalspan speel weer vanjaar uitstekende netbal onder hulle afrigter, Dorette Badenhorst, en spog tot dusver met ‘n onoorwonne rekord na vyf wedstryde. Gisteraand het Pukke vir NMMU Madibaz gemaklik met 44-21 in Port-Elizabeth geklop. Pukke se kookwater senter, Romé Dreyer was weer op haar stukke gewees en het met die speler van …

Die NWU-Pukke se Varsitynetbalspan speel weer vanjaar uitstekende netbal onder hulle afrigter, Dorette Badenhorst, en spog tot dusver met ‘n onoorwonne rekord na vyf wedstryde.
Gisteraand het Pukke vir NMMU Madibaz gemaklik met 44-21 in Port-Elizabeth geklop. Pukke se kookwater senter, Romé Dreyer was weer op haar stukke gewees en het met die speler van die wedstryd toekenning weggestap.
Verlede week het die verdedigende kampioene vir Maties naelskraap met 36-35 geklop. Ander oorwinnings in vanjaar se kompetisie sluit in 84-37 teen UWK, 94-15 teen VUT, 40-34 teen Tukkies en 59-25 teen UJ.
Photos: Asem Engage
Die kanse is goed dat Pukke vir Kovsies komende Maandag 25 September ook sal klop, maar sal nie selfvoldaan teen ’n gevaarlike Kovsies-span moet raak nie.








