SportSport

Luiperds dié week in rugbyoorlog teen Grens

Die Luiperds kan nie op hulle louere rus na hulle fantastiese wegholsege van 78-29 teen die Namibiese Welwitschias verlede Vrydag op Olënpark nie. ‘n Goeie wen was dit beslis, maar alle aandag sal nou na komende Saterdag, 23 September, toe skuif wanneer die onoorwonne Luiperds na Grens toe reis vir ‘n rugbyoorlog. Die Luiperds sal …

Die Luiperds kan nie op hulle louere rus na hulle fantastiese wegholsege van 78-29 teen die Namibiese Welwitschias verlede Vrydag op Olënpark nie.

‘n Goeie wen was dit beslis, maar alle aandag sal nou na komende Saterdag, 23 September, toe skuif wanneer die onoorwonne Luiperds na Grens toe reis vir ‘n rugbyoorlog.

Die Luiperds sal in hierdie wegwedstryd op die BCM Stadion in Oos-Londen teen Grens hulle beste spel moet lewer en momentum bou. Die Grens Bulhonde kom juis van ’n goeie 40-24 oorwinning teen die OP Kings af en sal die Luiperds op hulle tuisveld wil baasraak.

Volgens Luiperds afrigter, Jonathan Mokuena, sal die wedstryd voor Grens se tuisskare taai wees en die Luiperds sal hulle prosesse in plek moet hê.

“Die Grens is bekend dat hulle slordig speel en die wedstryd moeilik maak. Grens is altyd ‘n moeilike span voor hulle skare,” noem Mokuena. Die laaste keer toe Grens en die Luiperds teen mekaar in die Curriebeker Eerste-Divisie gespeel het, het die Luiperds met ‘n skrale 26-24 gewen. Op papier behoort die Luiperds te sterk te wees, maar vreemder dinge het al gebeur.

Jonathan Mokuena se manne is tans in die tweede plek op die punteleer met 18 punte, net 2 punte agter die Griffons wat die voorloper met 20 punte is. Die Luiperds se losskakel, Schalk Hugo, wat verlede week 25 punte aangeteken het, mis die week se wedstryd teen Grens weens persoonlike verpligtinge. Gene Willemse sal sodoende die nommer 10 trui dra en is die derde Luiperd speler wat vanjaar op losskakel begin.

Natuurlik was Jeandré Rudolph ‘n yster op agtsteman en tesame met Loftus Morrison sal die losvoorspelers van die Luiperds weer ‘n groot sê in dié wedstryd hê.

Die slot, Walt Steenkamp, is wel uit met ‘n besering en dit sal ‘n groot verlies wees. Die Luiperds se agterlyn lyk ook gevaarlik en manne soos Lungelo Gosa, Bradley Moolman en Jimmy Mpailane se selfvertroue moet hoog wees nadat hulle die Welwitschias aan flarde gehardloop het.

“Ons het goeie geleenthede geskep teen die Welwitschias en meer kon ‘n mens nie van die manne gevra het met vyf punte in die sak nie. Dit was goed om te sien hoe spelers hulle kanse gebruik het en hulle hande opgesteek het. Ons agterspelers speel juis so goed omdat ons skrums en lynstane hulle daardie platform gegee het,” meen Mokuena.

Die Luiperds se wedstryd teen Grens skop Saterdag om 15:00 af.

Sport

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button