SportSport

Gimmies se o.15A krieketspan troef Rustenburg

Gimmies se krieketspanne het die afgelope week gemengde uitslae beleef. Die o.15A- en 2de span kon met goeie oorwinnings hulle kop hoog hou. Hier volg die opsommende uitslae: 1ste span Verloor met 25 lopies teen Rustenburg. Duan Jansen teken 59 lopies van 78 balle aan. Ricus Swart neem 2 paaltjies vir 9 lopies in 6 …

Gimmies se krieketspanne het die afgelope week gemengde uitslae beleef.

Die o.15A- en 2de span kon met goeie oorwinnings hulle kop hoog hou. Hier volg die opsommende uitslae:

1ste span

Verloor met 25 lopies teen Rustenburg.

Duan Jansen teken 59 lopies van 78 balle aan. Ricus Swart neem 2 paaltjies vir 9 lopies in 6 beurte.

2de span

Wen met 121 lopies teen Ferdies se 1ste span. Abrie Kruger teken 63 lopies van 110 balle aan. Robert Cameron neem 3 paaltjies vir 26 lopies in 7 beurte.

3de span

Verloor met 7 paaltjies teen Volkies se 2de span. Ian van Wyk teken 42 lopies van 58 balle aan.

o.15A (Superliga)

Wen met 3 paaltjies teen Rustenburg. Martin Landman teken 96 onoorwonne lopies van 83 balle aan. Louis Fourie en Dylan Niemack neem elk 2 paaltjies.

o.15B (Superliga)

Verloor met 7 paaltjies teen Ferdies o.15A. Maahir Kooreshi teken 20 lopies van 26 balle aan en hy neem ook 2 paaltjies vir 13 lopies in 6 beurte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button