Buiteklubspelers in Noordwes Mid Amateur Gholfspan
Vyf spelers van die Buiteklub is ingesluit in die Noordwes Mid Amateur gholfspan. Coenie Schoonhoven van die Buiteklub is die bestuurder van die span. Die spelers is: Christo Peens, Gerrie Badenhorst, Conrad de Swart, Albert Britz en Martin Botha. Augustus was weer lekker besig en die volgende kompetisies is by die Potchefstroom Buiteklub aangebied. * …

Vyf spelers van die Buiteklub is ingesluit in die Noordwes Mid Amateur gholfspan. Coenie Schoonhoven van die Buiteklub is die bestuurder van die span.
Die spelers is: Christo Peens, Gerrie Badenhorst, Conrad de Swart, Albert Britz en Martin Botha.
Augustus was weer lekker besig en die volgende kompetisies is by die Potchefstroom Buiteklub aangebied.
* Op Woensdag 23 Augustus het die klub ‘n bonus bogey-kompetisie aangebied.
Die uitslae was soos volg:
1e – Chris Cronje met +3
2e – Kobus Gerber met +3
3e – Charl Coetzee met +3
* Op Vrydag 25 Augustus het die AGS Kerk Bailliepark hulle jaarlikse fondsinsamelingsdag by die klub aangebied. Die formaat was ’n bonus beterbal en die wenners was:
1e – Victor Havenga en Nick Kalamaras met 59 punte
2e – Jerry Molefi en David Blom met 58 punte
*Saterdag, 26 Augustus se IPS-kompetisie is deur Ocean Basket geborg en die wenners was:
Dames-afdeling:
1e – Nicky Fourie met 32 punte
2e – Ronel Siepker met 31 punte
3e – Rina van Zijl met 31 punte
Mans-afdeling:
1ste – Lourie van der Merwe met 45 punte
2de – Adriaan Vermooten met 41 punte
3de – Rob Schoeman met 39 punte.




