SportSport

Gimmies se eerste krieketspan maak naam by Pam Golding Krieketfees in PE

Gimmies se eerste krieketspan het vanaf 7-10 September by die gesogte Pam Golding Krieketfees by Pearson High in Port Elizabeth behoorlik met hulle talente gewoeker. Gimmies se eerstespan het die toernooi sonder matrieks aangedurf en bewys dat hulle jong opkomende talent gemaklik die krieketvaandel vir die skool dra. Gimmies se eerste wedstryd was teen Hudson …

Gimmies se eerste krieketspan het vanaf 7-10 September by die gesogte Pam Golding Krieketfees by Pearson High in Port Elizabeth behoorlik met hulle talente gewoeker.

Gimmies se eerstespan het die toernooi sonder matrieks aangedurf en bewys dat hulle jong opkomende talent gemaklik die krieketvaandel vir die skool dra.

Gimmies se eerste wedstryd was teen Hudson Park, wat vroeër vanjaar tweede in die skole T20-reeks geëindig het. Hulle reputasie was nie ‘n struikelblok vir Gimmies nie en die Potchefstromers het met 9 paaltjies gewen. Duan Jansen slaan hier ‘n briljante 54 (41). Gimmies se tweede wedstryd verloor hulle teen ‘n sterk Grey High span met 104 lopies wat die tuiskondisies tot hulle voordeel gebruik het. Die derde wedstryd teen Pearson High in tydkrieketformaat het Gimmies met hulle eerste beurt gewen. Hier het Jansen weer met 5 paaltjies uitgeblink. In Gimmies se vierde wedstryd klop hulle vir Muir College met 6 paaltjies, met Jansen wat sy goeie spel voortsit.

Die kranige linkerhand swaaibouler neem ‘n driekuns en eindig met 4 paaltjies. Dawie Rontgen neem ook 4 stokke van sy eie. Gimmies los toe die beste vir laaste met ‘n oortuigende 122 lopie oorwinning teen Graeme College. Hier slaan Ricus Swart 109 lopies om die toer op ‘n hoogtepunt af te sluit. “Dit was vir Gimmies ‘n groot hoogtepunt. Dit is merkwaardig dat ons sonder ons matriekspelers so goed gedoen het,” sê Wian Lubbe, hul afrigter.

Sport

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button