SportSport

Luiperds klop Grens met geharde 36-32 sege

Die Luiperds het hulle onoorwonne 2017 Curriebeker Eerste Divisie-seisoen met ‘n taai 36-32 oorwinning teen Grens in Oos-Londen op Saterdag 23 September voortgesit. Gene Willemse se 16 punte in hierdie wedstryd was van kosbare waarde met albei spanne wat gedurig kop aan kop in hierdie wedstryd was. Die Luiperds haker Dane van der Westhuyzen en …

Die Luiperds het hulle onoorwonne 2017 Curriebeker Eerste Divisie-seisoen met ‘n taai 36-32 oorwinning teen Grens in Oos-Londen op Saterdag 23 September voortgesit.

Gene Willemse se 16 punte in hierdie wedstryd was van kosbare waarde met albei spanne wat gedurig kop aan kop in hierdie wedstryd was.

Die Luiperds haker Dane van der Westhuyzen en slot Loftus Morrison was eerste oor vir die besoekers en danksy hul drieë was die Luiperds 12-8 voor teen halftyd. Grens se Lundi Ralarala het vir die tuisspan voor halftyd gedruk.

Willemse was veral skitterend in die tweede helfte en het twee drieë gedruk in die laaste 40 minute gaan druk, met Ryno Wepener wat die laaste drie vir die Luiperds ingepalm het.

Vir die Grens het slot Dave Khetani twee keer gaan druk met Mihlali Mpafi wat ookoorgeduik het om die Grens twee bonuspunte te laat verdien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button