SportSport

Volkies en Gimmies takel mekaar weer in Noordwes eindstryd

Vir die derde agtereenvolgende jaar speel Hoër Volkskool Potchefstroom en Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspanne teen mekaar in die Noordwes-finaal hierdie komende Saterdag, 14 Oktober. Dit was nog elke keer ‘n krieketoorlog. Interessant genoeg sal dit ook die derde agtereenvolgende jaar wees wat Volkskool dié eindstryd aanbied en vir seker sal ervare Volkies soos Cobus …

Vir die derde agtereenvolgende jaar speel Hoër Volkskool Potchefstroom en Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspanne teen mekaar in die Noordwes-finaal hierdie komende Saterdag, 14 Oktober.
Dit was nog elke keer ‘n krieketoorlog. Interessant genoeg sal dit ook die derde agtereenvolgende jaar wees wat Volkskool dié eindstryd aanbied en vir seker sal ervare Volkies soos Cobus Crowther, Herman Prinsloo en Louis van Schalkwyk vir ’n slag aan die wenkant wil wees.
Tegelyk sal Gimmies onder leiding van kaptein Vernon Charslund, niks meer as ‘n derde agtereenvolgende oorwinning in dié eindstryd teen hulle tradisionele teenstanders wil vermag nie.
Gimmies se Francois van Deventer en Charslund sal met hulle draaiballe wil skade aanrig en die lopies beperk.
Die kanse is ook goed dat die Jansen-broers, Duan en Marco, ook weer ‘n doring in Volkies se vlees met beide kolf en bal kan wees.
Volkies se sterk punt is natuurlik hulle openingspaar, Vincent Viljoen en Louis van Schalkwyk, wat vanjaar lopies soos bossies maak.
Volkies se boulwerk sal ook hewig steun gee aan hulle draaiers soos Van Schalkwyk, Crowther en André Taljaard om kritieke paaltjies te neem.
Gimmies spog met ’n oorwinning teen Volkies in die ligafase toe hulle op die Gimmies Oval vir Volkies met vyf paaltjies geklop het. Die wedstryd tussen hierdie twee spanne begin om 09:00.
*Volkies se o.15A-span is ook in aksie op Volkies se B-veld, waar hulle vir Hoërskool Rustenburg aanvat.

Spanne:
Gimmies: Jacques Botha, Duan Jansen, Marco Jansen, Vernon Charslund (c), Francois van Deventer, Matthew Haupt, Ricus Swart, Ronald Hendricks, Frans Viviers, Landré Halgryn, Adriaan Röntgen en Robert Cameron.
Volkies: Louis van Schalkwyk, Vincent Viljoen, Timothy Malan, Martin Fourie, André Taljaard, Awie Visser, Herman Prinsloo, Jannie Claassens, Cobus Crowther, Waldu Kotze en Le Roux White.

Sport

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button