SportSport

Plaaslike swemmer hou NWU se naam hoog met medalje-oes

NWU Senior Swemklub se jongste swemsensasie mag dalk nie een vir die kollig wees nie, maar binne in die water laat sy die lig op haar skyn. Nadia Blaauw, is dié swemklub se trots, nadat sy by die afgelope USSA kampioenskappe in Pretoria as die algehele naasbeste swemmer aangewys is. Blaauw, wat haar hoërskoolloopbaan in …

NWU Senior Swemklub se jongste swemsensasie mag dalk nie een vir die kollig wees nie, maar binne in die water laat sy die lig op haar skyn. Nadia Blaauw, is dié swemklub se trots, nadat sy by die afgelope USSA kampioenskappe in Pretoria as die algehele naasbeste swemmer aangewys is.
Blaauw, wat haar hoërskoolloopbaan in 2015 aan Potchefstroom Gimnasium voltooi het en die afgelope paar jaar by die NWU Junior en Senior Swemklubs betrokke is, glo dat alles net in plek by die USSA’s geval het waar sy tot haar eie verbasing presteer het.
Blaauw het in die 200m-rugslag goud verower en het ook twee tweede plekke in 200m-vryslag en 100m-rugslag losgeswem. Verder het sy twee derde plekke in die 400m-vryslag en 800m-vryslag behaal om haar medaljetotaal na vyf in die USSA’s te skuif.

Nadia Blaauw in die vryslag.
Nadia Blaauw in die vryslag.

“My tye was nie aansienlik beter nie, maar andersins vir die manier hoe ek geswem het, was dit lekker veral omdat ek ander groter swemmers kon klop. Dit was nogal ‘n goeie verrassing,” vertel sy nederig.
Hoewel Blaauw relatief laat aan swemgalas deelgeneem het, het sy die afgelope ses jaar merkwaardige vordering getoon, tot waar sy nou op USSA’s die toekenning van algehele naasbeste dameswemmer verwerf het.
“Ek het begin by Potchefstroom Swemklub en het toe oorgeskuif na die NWU Junior Swemklub onder Willie Scheepers. Die afgelope jaar is ek by Marike van Oort by die NWU Swemklub. My sussie wou eers begin swem het en toe het ek net saam met haar begin swem.
“Ek het begin galas swem in graad agt en my eerste goeie jaar was toe ek in graad 11 was. Dit is relatief laat om te begin swem, maar ek sien nie dat dit enige nadeel het nie.”


Volgens Blaauw geniet sy rugslag die meeste, aangesien sy natuurlik sterker in daardie dissipline is. Sy geniet ook langafstande swem en weet dat sy nie so goed in die kortafstande is nie.
“Marike doen baie moeite met haar swemmers en ek geniet haar persoonlike aanslag wat my swem goed doen,” voeg sy by.
Omdat swem ‘n individuele sport is moet Blaauw ook seker maak dat sy voor elke groot gala gemotiveerd is. Sy het spanning, maar dit help haar om gefokus te bly. Sy sal ook voor die wedloop bid om net so kalm as moontlik te bly.
“Ek gesels met die Here voor ‘n groot gala om my te help om net rustig te wees. As ek wel klaar geswem het moet ek seer voel dan weet ek dat ek alles gegee het.
“Ek fokus die meeste op die 200 meter rugslag en ek sal graag algeheel NWU-Puk swem wil bevorder in die toekoms om die beste te kan doen wat ek kan in my swem,” noem sy.
Interessante feite:
• Beste maaltyd na ‘n gala: Pizza!
• Interessantste plek waar jy al was: Ek was in graad 11 in Uganda vir ‘n Afrika swemkampioenskap gewees.
•Laaste fliek wat jy gekyk het? Dr Dolittle 2
• Gunsteling musiek? Gospel en popmusiek soos Selena Gomez
• Ses swemmers wat jy nog wil ontmoet? Katie Ledecky, Michael Phelps, Missy Franklin, Katinka Hosszu en Cate en Bronte Campbell
• Nadia het ook ‘n ouer suster, Samantha, wat saam met haar by die NWU Senior Swemklub betrokke is.
•Nadia studeer stads- en streeksbeplanning aan die NWU.
• Beste advies: “Motivation doesn’t last. You must choose discipline or regret.”

Sport

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button