SportSport

Gimmies atlete behaal vierde plek by Elardus Erasmus-byeenkoms

Potchefstroom Gimnasium het die afgelope naweek aan die jaarlikse Elardus Erasmus-byeenkoms van Hoërskool Hans Strijdom in Naboomspruit deelgeneem. 44 skole het deelgeneem en Gimmies eindig algeheel in die 4de plek. Die top 5-skole se finale puntestand was as volg: Prestige College (21 082), Helpmekaar (21 082), Garsfontein (20 332), Gimmies (19 888) en Kemptonpark (19 …

Potchefstroom Gimnasium het die afgelope naweek aan die jaarlikse Elardus Erasmus-byeenkoms van Hoërskool Hans Strijdom in Naboomspruit deelgeneem. 44 skole het deelgeneem en Gimmies eindig algeheel in die 4de plek.
Die top 5-skole se finale puntestand was as volg: Prestige College (21 082), Helpmekaar (21 082), Garsfontein (20 332), Gimmies (19 888) en Kemptonpark (19 827).
Karmen Fouché spog met die uitsonderlike prestasie om vir beide haar items meer as 1 000 punte te behaal. Ander Gimmies wat ook met meer as 1 000 punte vir ‘n item kan spog, is Danielle Verster, Wian Oosthuizen, Michael v Rooyen, Almero Niemann, Marthinus du Preez, Lumka Gebengana, Donevan du Toit en Maritz Pieters.

Sport

Die volgende atlete van Gimmies het meer as 1 000 punte verwerf tydens die afgelope Elardus Erasmus-byeenkoms wat jaarliks by Hoërskool Hans Strijdom in Naboomspruit plaasvind. Van links: Lumka Gebengana, Karmen Fouché (vir twee items), Michael van Rooyen en Danielle Verster. Agter: Donevan du Toit, Marthinus du Preez, Almero Niemann en Maritz Pieters. Wian Oosthuizen was afwesig met die neem van die foto.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button