SportSport

Luiperds ver(Welkom) Griffons-toets in Vrydag se eindstryd

Die Luiperds het na ‘n merkwaardige halfeindstryd-vertoning teen die Valke (26-23) hulle plek in Vrydag se Curriebeker Eerste Divisie eindstryd 20 Oktober teen die Griffons in Welkom bevestig. Hierdie eindstryd is ‘n herhaling van verlede jaar se eindstryd toe die Perstruie en Luiperds ook vir die beker baklei het. Verlede jaar het die Griffons die …

Die Luiperds het na ‘n merkwaardige halfeindstryd-vertoning teen die Valke (26-23) hulle plek in Vrydag se Curriebeker Eerste Divisie eindstryd 20 Oktober teen die Griffons in Welkom bevestig.
Hierdie eindstryd is ‘n herhaling van verlede jaar se eindstryd toe die Perstruie en Luiperds ook vir die beker baklei het. Verlede jaar het die Griffons die Luiperds onttroon met ‘n uitstekende sege op Olënpark. Hierdie keer sal die Luiperds dieselfde teen die Griffons op hulle tuisveld in Welkom wil doen. Dit sal nie ‘n maklike taak wees nie, met die Griffons wat vanjaar beslis nog konstant die beste rugby in die eerste divisie speel.
Vanjaar is daar ook ‘n groter wortel wat voor albei spanne se neuse gehou word. Hulle sal nie net die beker lig nie, maar ook die kans hê om teen die Griekwas in ‘n promosie/relegasiewedstryd betrokke te wees. As die Luiperds wen, sal hulle volgende jaar in die Curriebeker speel. Dit sal vir die Luiperds Rugbyunie ‘n groot finansiële hupstoot wees. Vir eers sal die Luiperds moet fokus op Vrydag en hulle beste wedstryd van die seisoen speel. Die wedstryd skop om 16:00 af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button