SportSport
Ferdies blink uit in verskeie sportsoorte
Twee van Ferdies se kranige rugbyspelers het aan die o.15 IQHAWE-week wat deur die South African Rugby Legends van 1-5 Oktober in Johannesburg aangebied is, deelgeneem. Nathan van der Linde en Katleho Lebitsa het Ferdies verteenwoordig saam met mnr. Funani Mabala wat as afrigter gedien het. Die span wen twee uit drie wedstryde. Die o.15 …

Twee van Ferdies se kranige rugbyspelers het aan die o.15 IQHAWE-week wat deur die South African Rugby Legends van 1-5 Oktober in Johannesburg aangebied is, deelgeneem.
Nathan van der Linde en Katleho Lebitsa het Ferdies verteenwoordig saam met mnr. Funani Mabala wat as afrigter gedien het. Die span wen twee uit drie wedstryde.
- Die o.15 krieketspan van Ferdies het ‘n baie suksesvolle 2017 seisoen. Hulle neem deel aan die NW Super B-liga en het Saterdag in die finaal teen Volkies gespeel.
Op hul pad na die finaal het Ferdies gemaklik afgereken met Gimmies, Ikageng, Boys High en Zinniaville, maar het ongelukkig die knie moes buig teen Volkies.
In die semi-finaal het hulle met vier paaltjies teen Rustenburg gewen.
- Anja van Tonder van Ferdies het Suid-Afrika verteenwoordig tydens die KWF Wêreldkampioenskappe in Malta en ‘n bronsmedalje verower in die o.18 kumite-afdeling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



