Meestersatlete sprankel in goud
Die ASNW (Atletiek Sentraal-Noordwes) Meesters atlete het die naweek van 11 November die Vrystaat Meesters byeenkoms bygewoon en met niks minder as 9 goue en 2 silwermedaljes teruggekeer nie. Jan Prinsloo M80+ het goud in 100m en silwer in werpskyf behaal wat ’n uitmuntende prestasie vir die op en wakker Potchefstromer is. Lynette Bezuidenhout het …
Die ASNW (Atletiek Sentraal-Noordwes) Meesters atlete het die naweek van 11 November die Vrystaat Meesters byeenkoms bygewoon en met niks minder as 9 goue en 2 silwermedaljes teruggekeer nie.
Jan Prinsloo M80+ het goud in 100m en silwer in werpskyf behaal wat ’n uitmuntende prestasie vir die op en wakker Potchefstromer is.
Lynette Bezuidenhout het as nuweling haar slag gaan wys in haar eerste Meestersbyeenkoms en in die V30-kategorie goud in 200 en silwer in die 400m behaal. Carmen Meyer (V45) het gewys ‘n mens is nie te oud vir spoed nie en het goud in die 200 en 400m verwerf.
Dorita du Toit (V45) het goud in paalspring, 80m hekkies, verspring en driesprong verwerf. Bul du Toit M45 het goud gewen in Griekse diskus en 4de in gewigstoot geëindig om ‘n briljante spanvertoning af te rond.




