SportSport
Noordwes rolbaltitel vir Potchefstroom
Die Buiteklub se rolbalafdeling spog met die Noordwes Rolbal vroue parekampioene. Sega Mokoto en Babey Monjana het Saterdag die titel voor die hoogaangeskrewe paar van Strathvaal, Helen Jansen en Tracy Jacobs in ‘n naelbytstryd weggeraap toe hulle met 23-22 gewen het. Teen die agtiende kop was sake nog gelykop op 19 punte elk. Die mans …
Die Buiteklub se rolbalafdeling spog met die Noordwes Rolbal vroue parekampioene.
Sega Mokoto en Babey Monjana het Saterdag die titel voor die hoogaangeskrewe paar van Strathvaal, Helen Jansen en Tracy Jacobs in ‘n naelbytstryd weggeraap toe hulle met 23-22 gewen het. Teen die agtiende kop was sake nog gelykop op 19 punte elk.
Die mans parekampioene is Tinus Crous en Piet Croucamp van Klerksdorp. Hierdie Saterdag spook die Driespel spanne sake uit in hulle seksies. 33 mans- en 24 vrouespanne het ingeskryf.
Die mans speel by die Buiteklub (PCC) en by La Farge in Lichtenburg. Die vroue driespelspanne is by die Klerksdorp-klub in aksie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



