SportSport

16 myl swem NWU student sonder skroom vir liefdadigheid

Met liefdadigheid en ‘n goeie doel voor oë het Reino von Wielligh, ‘n NWU-student, ‘n onbegonne taak van ’n 16 myl- swem vir natuurbewaring aangepak en met lof voltooi by die afgelope aQuelle Midmar Myl wat op 11 Februarie plaasgevind het. Potchefstroom Herald het verlede jaar oor Von Wielligh se poging berig en die goeie …

Met liefdadigheid en ‘n goeie doel voor oë het Reino von Wielligh, ‘n NWU-student, ‘n onbegonne taak van ’n 16 myl- swem vir natuurbewaring aangepak en met lof voltooi by die afgelope aQuelle Midmar Myl wat op 11 Februarie plaasgevind het.
Potchefstroom Herald het verlede jaar oor Von Wielligh se poging berig en die goeie nuus is dat hy sy doel met hierdie swem vir liefdadigheid bereik het. “Ek het op die einde van die dag R21 365 vir DUCT ingesamel, en wil ook nou vir almal wat ek nog nie voor dankie gesê het vir hulle donasies tot die liefdadigheid, baie dankie sê. Saam kan mense ‘n verskil maak om die land se riviere en damme skoon te hou,” het hy beklemtoon.
Von Wielligh is ‘n ervare Midmar Myl-swemmer en vanjaar het hy aan sy 16de een deelgeneem en ook heel toepaslik 16-myl geswem, wat vir hom ‘n lekker uitdaging was.
“Die eerste dag was goed gewees, ek het baie vinnig begin en die eerste myl in ‘n tyd van 23 minute en 14 sekondes geswem.
“Teen die 5de en 6de myl het die wind opgesteek en ons het die wind op myl 6 reguit van voor gekry. Teen die einde van dag een was ek baie honger en redelik moeg gewees en het ook geweet wat vir die 2de dag voorgelê het.”

Volgens Von Wielligh het hy nog beter geswem teen die einde van die 16de myl, waar hy sy hart in alles gesit het.
“Ek het my hart uitgeswem op elke myl, maar ekstra hard op die 16de myl en het dit toe reggekry om 37ste algeheel te eindig met die vinnigste tyd van al 16 myle. My gemiddelde tyd per myl was dus 22 minute en 47 sekondes en die totale tyd van die 16-myl was 6:04.33.”
Dié uitstekende swemmer was ook in sy noppies met sy tyd en algehele poging.
“Ek is baie tevrede met hoe ek geswem het en dat ek so ‘n konstante gemiddeld kon hou op al 16 myle, was vir my ‘n bonus,” het hy verder gesê.
Volgens Von Wielligh kon hy ook nie alles alleen gedoen het nie en bedank eerstens sy Hemelse Vader vir talente en gesondheid.
“Ek wil ook vir almal wat donasies gemaak het bedank, sowel as my suster, Nadia du Plessis wat vir almal vertel het van my liefdadigheidswem. Sy het ook die mense op hoogte gehou met my vordering op Facebook.

Dan my ouers, Heinrich en Anna-Marie, my meisie Annien en al die bekende mense wat my op die twee dae by die dam ondersteun het soos ek geswem het,” noem hy.

Interessant was daar ook groot lof van Von Wielligh se kant vir Peter Peacock, ‘n vyfmalige Duzi Canoe Marathonwenner wat saam met hom elke myl geroei het. Verder bedank hy ook vir Wayne Ridden, Di Doveton en die hele organisasiespan wat elke jaar die aQuelle Midmar Myl reël.
Von Wielligh het ook groot toekomsplanne en behoort gewoonlik aan die swem te bly vir die voorsienbare toekoms.

“Die volgende groot swem is op 3 en 4 Maart, wat die SA Nasionale oopwaterkampioenskap is in Jeffreysbaai. Ek verteenwoordig Noordwes in die 10km en 5km. Daar is ook mede NWU swemmers wat gaan deelneem aan die 3km en 5km.

“My volgende fondsinsameling inisiatief in die stadium is eers weer die 16 myl by Midmar in 2019, maar het altyd ‘n oog vir liefdadighede in nood en sal graag swem vir ‘n goeie doel.”

Vir die nuutste in Von Wielligh se pyplyn kan lesers sy Facebookblad “Reino’s 16 Mile Swim” besoek.

Foto’s: Facebook:

Mall

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button