SportSport

Foto’s: Volkies se 50-10 oorwinning teen Gimmies gaan lank onthou word

Die Arend het geland en sy rooi, swart en geel Volkievlag in die Fanie du Toit Sportgronde se glorieryke grond gedruk. Dit nadat Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste rugbyspan Saterdag, 26 Mei vir Potchefstroom Gimnasium in die Classic Clash met 50-10 laat les opsê het. Volkskool het ’n rooi rugbybom op Gimmies in hierdie wedstryd …

Die Arend het geland en sy rooi, swart en geel Volkievlag in die Fanie du Toit Sportgronde se glorieryke grond gedruk.
Dit nadat Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste rugbyspan Saterdag, 26 Mei vir Potchefstroom Gimnasium in die Classic Clash met 50-10 laat les opsê het.
Volkskool het ’n rooi rugbybom op Gimmies in hierdie wedstryd laat bars, waar hulle verwoesting op beide die verdediging en aanval gesaai het. Volkies se agtsteman, Jacques Gouws, het ‘n driekuns behaal en tesame met die vuur en vlam vleuel, Gustav Erlank en die dinamiese flank, Marno Prigge, was hulle die argitekte van hulle oorwinning.

Jacques Gouws, Volkies agtsteman druk een van sy drie drieë teen Gimmies
Jacques Gouws, Volkies agtsteman druk een van sy drie drieë teen Gimmies

Erlank en Prigge het albei twee drieë gedruk en was die toonbeeld van Volkies se spanwerk tussen hulle voor- en agterspelers.
Voorlangs het Volkies se flank, Dion Bezuidenhout, met harde duikslae, aggressiewe spel in die losgemaal en André Smit met kliniese lynstaanwerk die lont aangesteek sodat hulle agterlyn die groot ontploffings teen Gimmies kon uitvoer.
Volkies het hulle plofkrag vir die tweede helfte gebêre toe hulle 33 punte teenoor Gimmies se 0 aangeteken het. Hier was buitesenter en kaptein, Awie Visser, uitstekend met sy kraglopies. Gimmies het nogtans voor die skokgolwe ’n goeie eerste 20 minute beleef met heelagter, Billy Jacobs wat die eerste drie van die wedstryd aangeteken het. Prigge teken vyf minute daarna Volkies se eerste drie aan, met Erlank wat ook sy merk kort daarna met ‘n drie maak. Gimmies het wel die laaste sê van die helfte gehad toe JP de Lange in die hoek oorduik om die telling na 17-10 in Volkies se guns met halftyd te vat.

Kyk die Video oor die wedstryd hier:

Dit was die laaste skoot wat Gimmies gevuur het voor ’n tweede helfte waar hulle ammunisie opgeraak het. Onnodige foute teen ‘n op en wakker Volkiespan het Gimmies duur te staan gekom. Volkies se verwoestende tweede helfte-vertoning sal vir lank in hulle ondersteuners se geheue vasgelê bly, maar nog meer in Daan Seymore en Christo van Heerden s’n wat hulle tyd as afrigtingspan na drie dekades met ‘n rekordwen eindig.
“Dit is die grootste geskenk wat ons kan kry. Ek en Daan kom nou al vir jare saam en met die hulp van Johan Herbst en André Pretorius, was dit die lekkerste oomblik van my afrigtingsjare. Ons verdediging het hulle moeg gemaak en dit is die hoofrede waarom ons die wedstryd gewen het,” vertel Van Heerden. “Die seuns het nooit gaan lê nie. Die seuns het met blink oë van die afskop tot die eindfluitjie vir hulle skepper gespeel en dit net gaan geniet,” voeg Seymore by.
“Die eerste ruk was baie hard, maar ons wou dit meer gehad het. Ons het geweet as ons aanhou gaan ons strukture begin deurkom. Ons voorspelers het gedomineer en as hulle beheer neem kan ons in die agterlyn gaan drieë druk,” het Volkies se kaptein, Awie Visser na die wedstryd gesê.
“Ek is dankbaar vir hierdie groot wen en gaan dit vir die res van my lewe onthou.”

Foto’s: Wouter Pienaar

AJR

https://www.nbcarsales.co.za/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button