Prinsloo gaan SA weer by Wêreld Meesters-atletiekampioenskappe verteenwoordig
Jan Prinsloo wat tydens die twintigste Wêreld Meesters-atletiekkampioenskappe van 2013 in Brasilië weens ‘n tegniese fout uitgeskakel is, is oorgehaal om vanjaar die bordjies te verhang. Hy gaan vanaf 8-20 September in Malaga in Spanje aan die volgende Wêreld Meesters-atletiekkampioenskappe deelneem. Jan is ’n voormalige Rugby League Springbok en het vanjaar puik presteer tydens die …
Jan Prinsloo wat tydens die twintigste Wêreld Meesters-atletiekkampioenskappe van 2013 in Brasilië weens ‘n tegniese fout uitgeskakel is, is oorgehaal om vanjaar die bordjies te verhang. Hy gaan vanaf 8-20 September in Malaga in Spanje aan die volgende Wêreld Meesters-atletiekkampioenskappe deelneem. Jan is ’n voormalige Rugby League Springbok en het vanjaar puik presteer tydens die SA kampioenskappe in Kaapstad en later tydens die Vrystaatse kampioenskappe. Hy sê dit is al asof sy spykerskoene met hom praat en vra wanneer die volgende wedloop plaasvind. Prinsloo was die vaandeldraer tydens die amptelike opening van die spele in Brasilië toe meer as 60 Suid-Afrikaanse atlete deelgeneem het. Hy het namens die destydse burgemeester, prof. Annette Combrink die goeie wense namens Potchefstroom oorgedra.
Suid-Afrika het in 2013, 79 medaljes ingepalm waarvan 34 goud, 21 silwer en 24 brons was, wat Suid-Afrika agtste uit 91 lande geplaas het.




