Talentvolle danser (9) wil Los Angeles-droom bewaarheid
‘n Negejarige danser se droom om in Los Angeles haar talente uit te leef, is een stappie nader om waar te word, nadat sy by die SA Championships of Performing Arts (SACOPA) danskompetisie uitgeblink het en vir die SA-span gekies is. Bianca Joubert se passie vir dans ken geen perke nie en hierdie vriendelike jong …
‘n Negejarige danser se droom om in Los Angeles haar talente uit te leef, is een stappie nader om waar te word, nadat sy by die SA Championships of Performing Arts (SACOPA) danskompetisie uitgeblink het en vir die SA-span gekies is.
Bianca Joubert se passie vir dans ken geen perke nie en hierdie vriendelike jong danser wil nou in Julie 2019 haarself in LA bevind. Bianca het self die inisiatief geneem en het spesiaal vir Potchefstroom Herald ‘n brief geskryf waar sy haar storie vertel:
“Hierdie jaar het ek aan ‘n danskompetisie deelgeneem en is gekies vir die SA-span om in Los Angeles deel te neem. Laasjaar het ek in Augustus my been gebreek. Vir 10 weke kon ek nie dans nie, maar toe my gips afgekom het, het ek baie hard geoefen. Ek het my droom bereik en my goue medaljes gewen.
“Om aan ‘n kompetisie in LA deel te neem kos baie geld en ek sal regtig enige donasie, groot of klein, baie waardeer.”
Bianca het ses medaljes in totaal, waarvan twee goud, drie silwer en een brons, vanjaar by die SACOPA-kompetisie ingepalm.
Potchefstromers wat tot Bianca se reiskostes vir Los Angeles wil bydra, kan haar ma, Adri by 082 376 5748 kontak.
Bianca se bankbesonderhede is as volg:
Bankrekening: Bianca dans
Capitec Bank
Rekeningnommer: 1530119764







