SportSport

Plaaslike ringbalspelers skitter by nasionale kampioenskappe

Potchefstroomse ringbalspelers het behoorlik gewoeker by die afgelope 2018 Nasionale Ringbalkampioenskappe wat vanaf 1-7 Julie in Pretoria plaasgevind het. Die volgende plaaslike spelers is in onderskeie SA-spanne opgeneem nadat hulle by hierdie groot toernooi vir die Kenneth Kaunda-distrik uitgeblink het: In die o.20 span het Ruben Smith, Jarno Brits en Adriaan Roestoff die SA-span gehaal, …

Potchefstroomse ringbalspelers het behoorlik gewoeker by die afgelope 2018 Nasionale Ringbalkampioenskappe wat vanaf 1-7 Julie in Pretoria plaasgevind het.
Die volgende plaaslike spelers is in onderskeie SA-spanne opgeneem nadat hulle by hierdie groot toernooi vir die Kenneth Kaunda-distrik uitgeblink het:
In die o.20 span het Ruben Smith, Jarno Brits en Adriaan Roestoff die SA-span gehaal, met Wian van Jaarsveld, Wian van der Merwe, Edrich du Preez en Trevor Coetzee wat vir o.23 SA-kleure verwerf het. By die senior mans het Roland van der Westhuizen en by die senior dames het Ciska Scholtz ook SA-kleure behaal. Smith was veral in die wolke toe hy hoor dat hy die SA-span gehaal het.
“Ek was regtig op my senuwees voor die span aangekondig is, maar toe hulle my naam noem kon ek dit amper nie glo nie. Dit is ‘n groot eer,” het hy gesê.
Volgens Van der Westhuizen wat vir die Kenneth Kaunda-distrik se senior manspan beide lyndoel en kantdoel tydens die toernooi gespeel het, was die toernooi ‘n ongelooflike ervaring.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button