SportSport

Gimmies se tweekampsensasie verower goud

Potchefstroom Gimnasium het ‘n nuwe nasionale tweekamp kampioen in hulle midde nadat die graad 9 leerder, Marco Taljaard, goud in die SA Tweekampkampioenskappe op 1 Julie in sy ouderdomskategorie verwqerf het. Marco is ‘n kranige atleet en hy is ook die Noordweskampioen in tweekamp met Noordwes kleure in onder andere atletiek, driekamp en lewensredding wat …

Potchefstroom Gimnasium het ‘n nuwe nasionale tweekamp kampioen in hulle midde nadat die graad 9 leerder, Marco Taljaard, goud in die SA Tweekampkampioenskappe op 1 Julie in sy ouderdomskategorie verwqerf het.

Marco is ‘n kranige atleet en hy is ook die Noordweskampioen in tweekamp met Noordwes kleure in onder andere atletiek, driekamp en lewensredding wat hy alles vanjaar behaal het.

Volgens Marco was vanjaar se eerste plek by die SA Tweekampkampioenskappe sy hoogtepunt tot dusver.

“Ek is ‘n baie sterk fietsryer en ek dink dit het juis tot my voordeel in dié kompetisie getel. Ek moes 10 km fietsry asook twee hardloopsessies (2.5 km en 1.25 km) voltooi. Ek het rustig begin met die eerste hardloopsessie en toe die atlete ingehaal met die fietsry-been. Na dit het ek voorgeloop en toe kon hulle my nie verder inhaal nie,” vertel Marco met ‘n glimlag.

Marco het in ‘n skaflike tyd van 31 minute en 31 sekondes klaargemaak en kon met tevredenheid terugkyk na ‘n baie suksesvolle kampioenskappe.

“Ek is regtig bly omdat ek baie hard vir dit gewerk het. Ek draf omtrent vier keer per week en wissel dit da nook af om so drie keer per week fiets te ry. Al die harde werk help op die ou einde,” noem hy.

Nog ‘n ander aspek wat Marco op trots is, is toe hy verlede jaar drie SA rekords in lewensredding gebreek het. Tesame hiermee het Marco ook ‘n lang lys ander prestasies in verskeie ander sportsoorte en hierdie jong man mik in die toekoms na groot hoogtes.

“In die toekoms sal ek graag aan die tweekamp of driekampwêreldkampioenskappe wil deelneem. Dit is my groot doelwit.”

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button