Stokke swaai by die Buiteklub
Op Saterdag en Sondag, 28 en 29 Julie, het die Scratch liga span van Potchefstroom Buiteklub deelgeneem aan die Noordelike Provinsies se Gross Liga finale. Die toernooi het te Koro Creek Gholfklub in Limpopo plaasgevind. Potchefstroom se span het tweede geëindig na Centurion. Christiaan Burke van Potchefstroom was die Waardevolste Speler van die Toernooi. Ander …

Op Saterdag en Sondag, 28 en 29 Julie, het die Scratch liga span van Potchefstroom Buiteklub deelgeneem aan die Noordelike Provinsies se Gross Liga finale. Die toernooi het te Koro Creek Gholfklub in Limpopo plaasgevind. Potchefstroom se span het tweede geëindig na Centurion. Christiaan Burke van Potchefstroom was die Waardevolste Speler van die Toernooi.
Ander uitslae lyk so:
*Op Woensdag, 25 Julie 2018, het die Buiteklub ‘n Bonus Bogey kompetisie aangebied. Die wenners was:
1e – Cas Bakkes op +4
2e – Willie Venter op +4
3e – Cecil Rutherford op +3
*Vrydag, 27 Julie 2018, het die NG Kerk, Noord gemeente hulle Classic kompetisie aangebied ten einde fondse in te samel. Die formaat van die kompetisie was ‘n Beterbal Stableford en die wenners was:
1e – Johan Schoonen en Francois van der Westhuizen met 51 punte
2e – Johan Coetzee en Guillaume Strydom met 49 punte
3e – Manie Smit en Spiros Angelides met 48 punte
*Saterdag, 28 Julie 2018, het Ocean Basket en die Steakhouse die Klub se IPS kompetisie geborg. Die uitslae was soos volg:
1e – Frans Landsberg met 41 punte
2e – Elmore De Reuck met 39 punte
3e – Kobus Gerber met 38 punte
Die dames wenner was Elzane van der Wath.




