SportSport

Black Ops Fitness en Crossfit Ground Zero maak Potch trots

Saterdag 14 Julie 2018 sal vir Black Ops Fitness en die Crossfit Ground Zero spanne altyd ‘n datum wees om te onthou. Agt van Black Ops Fitness se top atlete het aan die South African Obstacle Course Championships (SAOCR) in Durban deelgeneem en puik prestasies behaal. Karlien le Roux (2de plek) en Larissa Gouws (3de …

Saterdag 14 Julie 2018 sal vir Black Ops Fitness en die Crossfit Ground Zero spanne altyd ‘n datum wees om te onthou.

Agt van Black Ops Fitness se top atlete het aan die South African Obstacle Course Championships (SAOCR) in Durban deelgeneem en puik prestasies behaal. Karlien le Roux (2de plek) en Larissa Gouws (3de plek) het in die 10km wedloop uitgeblink. Met hierdie briljjante top 3 plekke het hulle ook vir die OCR Wêreldkampioenskappe in Engeland vanaf 19-21 Oktober gekwalifiseer.

Daar het ook 8 Crossfit Ground Zero atlete aan die Clarens Crossfit Winterreeks gaan deelneem. Johan Bloem het 3de katagorie in sy kategorie gekom met Ian Heyns wat as die wenner in die intermediëre kategorie gekroon is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button