SportSport

Gesnyde begroting het Luiperds in die knyp

Die Luiperds Rugbyunie het tans weens die finansiële besnoeiings van die Suid-Afrikaanse Rugbyraad (SARU) besluit om voorkomende stappe te doen om kop bo water te hou. Dit sluit die beskikbaarheid van weg-wedstryde, reisreëlings, asook salarisbesnoeiings in. Die Luiperds Rugbyunie het hierdie week ‘n persverklaring uitgereik wat hierdie finansiële maatreëls verduidelik. Weg-wedstryde Die senior professionele span …

Die Luiperds Rugbyunie het tans weens die finansiële besnoeiings van die Suid-Afrikaanse Rugbyraad (SARU) besluit om voorkomende stappe te doen om kop bo water te hou. Dit sluit die beskikbaarheid van weg-wedstryde, reisreëlings, asook salarisbesnoeiings in.
Die Luiperds Rugbyunie het hierdie week ‘n persverklaring uitgereik wat hierdie finansiële maatreëls verduidelik.
Weg-wedstryde
Die senior professionele span sal nie hul weg-wedstryde teen Namibië en die Oostelike Provinsie kan nakom nie.
Verder sal die o.19 en o.21 spanne ook nie hul weg-wedstryde teen die Oostelike- en Westelike Provinsie kan nakom nie. Alhoewel die Luiperds deurentyd alles moontlik doen om spesifiek te kyk of hierdie bepalings nie nagekom kan word nie, is die huidige posisie egter dat dit nie sal kan gebeur nie.
Reisreëlings
Al ons spanne reis per bus en keer direk na afloop van die wedstryd terug na Potchefstroom en deel spanne sover moontlik ook die bus.
Die absolute minimum word spandeer aan reiskostes vir beamptes en ander persone om die spanne te vergesel.
Salarisbesnoeiings
Verder was dit vir die Luiperds nodig om drie van hul mees senior spelers, te wete Walt Steenkamp, Boela Venter en Henko Marais vry te stel nadat hulle aanbiedinge van ander unies ontvang het.
Aanvullend hiertoe is daar deurlopende besnoeiing in alle uitgawes, wat ook insluit dat daar van die personeel se salarisse gesny is en die werknemers skeidingspakkette aangebied is, waarvan drie deur sekere werknemers aanvaar is.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button