SportSport

Luiperds se Hassien trek ’n haas uit die hoed met driekuns

Daar heers ‘n bries van opgewondenheid tans in die Luiperds o.19 span nadat dié jong krygers vir die Vrystaat Cheetahs o.19 span met 40-24 op die Fanie du Toit Sportgronde geklop het. Dit was juis die skrumskakel en speler van die wedstryd, Sylvester Hassien wat met ’n driekuns die oë van ondersteuners die grootste laat …

Daar heers ‘n bries van opgewondenheid tans in die Luiperds o.19 span nadat dié jong krygers vir die Vrystaat Cheetahs o.19 span met 40-24 op die Fanie du Toit Sportgronde geklop het.
Dit was juis die skrumskakel en speler van die wedstryd, Sylvester Hassien wat met ’n driekuns die oë van ondersteuners die grootste laat rek het. Hassien was woelig gedurende die wedstryd en hy het met sy derde drie sy beste vir laaste gelos. Hy het die bal by die skrum opgetel, met ‘n fopaangee ‘n paar verdedigers geflous en met spoed en vaart onder die pale gaan kuier met sy 40 meter individuele lopie.
Hassien was wel nie die enigste van afrigter, Hannes Esterhuizen, se sterre op die dag nie met kaptein, Lohann Jahns en Heinrich Botha wat ook hul name op die telbord met drieë geplaas het.
Die Luiperds se lostrio van Kagiso Woodbridge, Sheldon Veldsman en Andries Fouché was ook op hulle stukke en het keer op keer die Vrystaters frustreer.
Die Luiperds se o.19’s het na verlede naweek se nederlaag teen die WP besluit om teen die Vrystaat Cheetahs hulle naels te wys met ‘n puik oorwinning en dit sal hulle selfvertroue net goed doen voordat hulle die Goue Leeus se o.19’s in Johannesburg komende naweek aanvat.
Die Luiperds o.21-span kon wel nie die suksesverhaal van die o.19’s teen die Vrystaat op dieselfde veld voortsit nie en moes met 64-12 die knie teen ‘n begeesterde oranje masjien buig.
Vir die o.21’s het die vasskopstut, Douglas Bruce-Smith en losskopstut, Ruan Swiegers oorgeduik vir die tuisspan.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button