SportSport

Vere gaan waai wanneer Luiperds die Valke pak

Die Luiperds het vir die eerste keer in vanjaar se Curriebeker Eerste Divisietoernooi die knie gebuig toe hulle op Saterdag, 29 September met 40-29 teen die Griffons in Welkom vasgeval het. Die Griffons het met ‘n tweedehelfte terugvegpoging gewys wat in hul steek en ‘n 12-21 agterstand ingehaal, danksy drieë van Nluleko Marwana, Cody-Anthony Basson, …

Die Luiperds het vir die eerste keer in vanjaar se Curriebeker Eerste Divisietoernooi die knie gebuig toe hulle op Saterdag, 29 September met 40-29 teen die Griffons in Welkom vasgeval het.
Die Griffons het met ‘n tweedehelfte terugvegpoging gewys wat in hul steek en ‘n 12-21 agterstand ingehaal, danksy drieë van Nluleko Marwana, Cody-Anthony Basson, Barend Potgieter (2) en Tertius Maarman (2).

Die Luiperds was in ‘n goeie posisie om die wedstryd te wen, maar swak dissipline en ‘n gebrek aan konsentrasie het die voorhand weer in die tuisspan se posisie gesit. Die Luiperds se driedrukkers was die ervare HP Swart, sowel as die stut, Robert Hunt, en binnesenter, Gerhard Nortier, wat twee keer gaan druk het.
Die Luiperds beklee na hierdie nederlaag die tweede plek op die punteleer met 20 punte na vyf wedstryde. Daar lê komende Vrydag, 5 Oktober (17:00) ‘n laaste poelwedstryd voor teen die gevaarlike Valke wat op die Fanie du Toit Sportgronde gaan plaasvind.

Die goeie nuus vir die Luiperds is dat hierdie wedstryd weer op hulle tuisveld sal plaasvind en ‘n oorwinning sal net op die regte tyd vir afrigter, Jonathan Mokuena, se manne kom. Vir die Luiperds kan Lungelo Gosa op regtervleuel, groot vreugde bring met sy x-faktor op die aanval. Korrekte besluitneming op die aanval sal wel van kardinale belang wees, nadat die Luiperds talle kanse teen die Griffons verbeur het. Nortier sal ook op binnesenter sy goeie vorm wil voorsit en sy kombinasie met Schalk Hugo sal vir die Luiperds skopopsies in die agterlyn bied. Die voorry van Matimu Maganyi, Louis van der Westhuizen en Robert Hunt sal ook alles moet gee om hulle teenstanders op die agtervoet te hou. Die Valke kan beslis nie onderskat word nie, veral nadat hulle die OP met 101-29 oorrompel het.

Die Valke se gevaarmanne voorlangs sal die loskopstut Koos Strauss wees, sowel as flanke Wiehan Jacobs en Thabo Mabuza wat die Luiperds by die afbreekpunte sal wil stuit. In die agterlyn sal die ervare senter Grant Janke, sowel as die vleuel Ettienne Taljaard, hulle staal wil wys.
Die Valke is tans in die derde posisie op die punteleer en ‘n oorwinning teen die Luiperds sal hulle kanse vir ‘n tuis semi-finaal teen dieselfde span vergroot. In dieselfde asem sal ‘n wen vir die Luiperds ‘n tuis semi-finaal ook verseker. Sodoende is daar baie op die spel hierdie Vrydag.

Luiperds teen Valke:
15. Tapiwa Mafura, 14. Lungelo Gosa, 13. Bradley Moolman, 12. Gerhard Nortier, 11. Dean Stokes, 10. Schalk Hugo, 9. Chriswill September, 8. Edward Haas, 7. Boela Venter, 6. Wandile Mazibuko, 5. Danny du Plooy, 4. Johan Retief, 3. Robert Hunt, 2. Louis van der Westhuizen, 1. Matimu Maganyi.
Plaasvervangers: 16. Marius Stander, 17. Nelius Theron, 18. Stairs Mhlongo, 19. HP Swart, 20. Sylvester Hassien, 21. AK Nela, 22. Evardi Boshoff.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button