SportSport

Atletiekliefhebbers kan nie die naweek se NWU Top 30 mis nie

Die agtste NWU Top 30 Atletiekbyeenkoms word eerskomende Vrydag, 19 en 20 Oktober by die Kenneth McArthur Stadion gehou. Die byeenkoms begin reeds om 11:00, waar die room van Suid-Afrika se jeugatlete gaan deelneem. Die byeenkoms is ook dan die grootste skole byeenkoms in Suid-Afrika met die Noordwes-Universiteit as die borg en Potchefstroom Volkskool as …

Die agtste NWU Top 30 Atletiekbyeenkoms word eerskomende Vrydag, 19 en 20 Oktober by die Kenneth McArthur Stadion gehou. Die byeenkoms begin reeds om 11:00, waar die room van Suid-Afrika se jeugatlete gaan deelneem.

Die byeenkoms is ook dan die grootste skole byeenkoms in Suid-Afrika met die Noordwes-Universiteit as die borg en Potchefstroom Volkskool as gasheer skool.

Daar word ‘n titaniese stryd verwag tussen Helpmekaar Kollege, Menlopark en Prestige College om die titel te wen vanjaar. Indien Prestige College  sou wen, sal dit drie jaar in ‘n ry wees. Randburg het ook ‘n groot opskudding veroorsaak toe die span die afgelope naweek die Elardus Erasmus dogterskompetisie gewen het.

Potchefstroom Gimnasium en Klerksdorp is die twee sterk plaaslike skole wat goeie vertonings kan lewer. Skole van Namibië en die Wes-Kaap neem ook deel.

Karmen Fouche en Danelle Verster is twee van Potchefstroom Gimnasium se skitter-atlete wat gaan deelneem die naweek. Hou ook gerus vir Megan Starbuck van Helpmekaar dop in die d/o.16 100m hekkies, Kayla la Grange van Randburg in die dogters 14 100m, D. Oliphant van Wesvalia, seuns 14 200m en Kevin Lock, seuns 15 skyfwerp van Menlopark.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button